WB-deur vir ervare All Blacks nog op skrefie oop
Rugby
Patrick Tuipulotu, TJ Perenara en Damian McKenzie tel onder die ervare spelers wat nie die All Blacks se groep vir die Nieu-Seelanders se komende toer na die Noordelike Halfrond kon haal nie.
Ian Foster, die All Blacks se afrigter, het egter nie die deur voor dié spelers se neus vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi toegeklap nie.
Hulle is in die groep ingesluit waaruit die All Black-vyftiental, wat in November twee wedstryde gaan speel, gekies sal word.
Tuipulotu is as die kaptein aangewys van die All Blacks-vyftiental, wat deur Leon MacDonald afgerig gaan word.
“Dis ’n goeie kans vir hulle om die swart trui in ’n ander omgewing aan te trek en hulle teen verskillende wedstrydplanne en speelstyle te toets,” het Foster aan Stuff.co.nz gesê.
“Hopelik sal dit ons help om regtig goed vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi voor te berei en sal nog ’n paar stukke van die legkaart in plek val.”
Die All Black-vyftiental speel op 4 November in Dublin teen Ierland A en op 13 November in Londen teen die Barbarians.
Foster en die All Black-keurders het nie juis verras met hul uitsoekgroep vir die komende wedstryde teen Japan, Wallis, Skotland en Engeland nie.
Dis wel ietwat van ’n verrassing dat die senter Anton Lienert-Brown gekies is.
Lienert-Brown het byna die hele seisoen met ’n skouerbesering gesukkel en het die afgelope naweek eers weer 46 minute vir Waikato teen Bay of Plenty gespeel.
“Hy is baie ervare en ons het baie vertroue in hom. Hy speel nou weer ná sy skouerbesering en ons kan hom oor die volgende twee of drie weke deeglik monitor,” het Foster gesê.
Volgens dié afrigter sal die toer na die Noordelike Halfrond hom die kans gee om sommige jonger, randspelers beter te beskou.
Een so ’n speler is die veelsydige agterspeler Stephen Perofeta, wat nog net in een toets vir ’n paar minute speelkans gegee het.
Dit is die einste Perofeta wat die meer ervare McKenzie, wat bietjie sukkel om behoorlik op dreef te kom ná ’n seisoen in Japan, uit die uitsoekgroep hou.
• All Blacks-toergroep:
Hakers: Dane Coles, Samisoni Taukei’aho, Codie Taylor. Stutte: George Bower, Ethan de Groot, Nepo Laulala, Tyrel Lomax, Fletcher Newell, Ofa Tu’ungafasi. Slotte: Scott Barrett, Brodie Retallick, Tupou Vaa’i, Sam Whitelock. Losvoorspelers: Sam Cane (k), Shannon Frizell, Akira Ioane, Dalton Papali’i, Ardie Savea, Hoskins Sotutu. Skrumskakels: Finlay Christie, Folau Fakatava, Aaron Smith. Losskakels: Beauden Barrett, Richie Mo’unga, Stephen Perofeta. Senters: Braydon Ennor, David Havili, Rieko Ioane, Anton Lienert-Brown, Roger Tuivasa-Sheck. Buite-agterspelers: Jordie Barrett, Caleb Clarke, Leicester Fainga’anuku, Will Jordan, Sevu Reece.
• All Black-vyftiental se groep:
Voorspelers: Asafo Aumua, George Bell, Brodie McAlister, Finlay Brewis, Oli Jager, Aidan Ross, Angus Ta’avao, Tamaiti Williams, Josh Dickson, Zach Gallagher, Patrick Tuipulotu (k), Dominic Gardiner, Billy Harmon, Luke Jacobson, Christian Lio-Willie, Marino Mikaele-Tu’u. Agterspelers: TJ Perenara, Brad Weber, Cam Roigard, Bryn Gatland, Damian McKenzie, Levi Aumua, Bryce Heem, Alex Nankivell, Bailyn Sullivan, AJ Lam, Ruben Love, Mark Telea.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie