• Tuisblad
  • Sport
  • WB-toernooi: Kapteins staan saam oor menseregte in Katar
Harry Kane, kaptein van Engeland se sokkerspan. Foto Getty Images
Harry Kane, kaptein van Engeland se sokkerspan. Foto Getty Images

WB-toernooi: Kapteins staan saam oor menseregte in Katar

Sokker
Harry Kane, die Engelse sokkerkaptein, sê hy het met die kapteins van Frankryk (Hugo Lloris) en Denemarke (Christian Eriksen) ooreengekom dat dié drie lande se spelers met vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar saam standpunt oor menseregtekwessies inneem.

Kane en Lloris speel saam vir Tottenham Hotspur, terwyl Eriksen ’n ou spanmaat van hulle by dié klub is.

Homoseksualiteit word nie in Katar toegelaat nie, terwyl Amnestie-internasionaal (AI) in ’n ondersoek bevind het dat vele migrante wat in dié land werk, uitgebuit word.

Die regering van Katar ontken dié bevindings van AI en sê hy het die laaste vyf jaar talle hervormings aangebring.

Dit sluit onder meer ’n verhoogde minimum loon en die wegdoen van uitgangspermitte in.

Kane sê hy dink meer sal bereik word as spanne saamstaan en standpunt inneem.

Die Engelse span het vroeër reeds met mekaar oor die menseregtekwessies in Katar gesprek gevoer.

– Reuters, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!