WB-trofee vertrek na Ghana
Krieket
Limba Mupetami
Ná ’n omvattende driedaagse reis deur Namibië, het die ICC T20 Wêreldbekertrofee sy toer hier, in samewerking met Krieket Namibië en Namibia Wildlife Resorts, afgesluit en na Ghana se hoofstad Accra as sy volgende bestemming vertrek.
Die plan is vir die trofee om by vier vastelande aan te doen voordat dit na die Australiese stad Geelong terugkeer, net voor die T20 Wêreldbeker daar afskop.
Die afgelope dae was daar uiteenlopende draaipunte soos Windhoek Gimnasium Privaatskool, People’s Primary School en van daarna Sossusvlei, Walvisbaai se Narraville Primêre Skool en gisteroggend terug na Windhoek vir ’n parade deur die hoofstraat Onafhanklikheidslaan.
OPWINDING
Krieketliefhebbers kon dus eerstehands die gesogte wêreldtrofee te sien kry.
Geoff Allardice, die ICC se uitvoerende hoof, sê die toer en die T20-formaat wen beide nuwe veld vir internasionale krieket.
“Ons viering van die begin van die ICC T20 WB-trofeetoer, aangedryf deur Nissan, is ’n belangrike mylpaal om die trofee vir die eerste keer na tien lande en na nuwe liefhebbers van krieket wêreldwyd te neem. Met net dae oor, kan jy die opgewondenheid aanvoel oor die 16 lande wat in Australië versamel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie