WB-uitdunveldtog begin op agtervoet
Sokker
Namibië se aanslag op kwalifisering vir die 2026 Wêreldbeker-sokkertoernooi begin op die agtervoet ná gistermiddag se nederlaag met 0-1 teen Ekwatoriale Guinee in dié land se hoofstad Malabo.
Gister se uitslag plaas die wenspan as die vroeë voorloper ná die eerste wedstryd in Afrika se kwalifiserende groep H, waarin São Tomé en Principe, Tunisië, Malawi en Liberië die ander aanspraakmakers is.
Net die groepwenner is verseker van ’n plek in die 2026 Wêreldbeker wat gesamentlik deur die VSA, Kanada en Mexiko aangebied sal word.
’n Treffer ná 66 minute deur hul voorspeler Emilio Nsue was genoeg vir die Ekwatoriale Guinee om die knoop deur te haak. Die Namibiese doelwagter Loydt Kazapua het vroeër met verskeie goeie stukkies keerwerk tot sy span se redding gekom.
Afrigter Collin Benjamin en sy manne sit hul reis voort na Agadir in Marokko, waar hulle komende Dinsdag teen São Tomé en Principe te staan kom.
Die afwesigheid van Namibië se talismaniese doelskieter en kaptein Peter Shalulile is gevoel. Die aanvalswapen van Mamelodi Sundowns asook Lubeni Haukongo (Cape Town Spurs) was beide vanweë beserings onbeskikbaar.
Namibië se beginspan gister was 1 Loydt Kazapua (doelwagter), met die verdedigers 3 Ananias Gebhardt, 4 Riaan Hanamub, 12 Kennedy Amutenya (later vervang deur 5 Charles Hambira) en 20 Ivan Kamberipa; middelveldspelers 7 Deon Hotto, 9 Bethuel Muzeu, 11 Absalom Iimbondi (vervang deur 10 Prins Tjiueza), 19 Petrus Shitembi (vervang deur Romeo Kasume) en 18 Aprocious Petrus en die voorspeler Elmo Kambindu, wat ná 63 minute deur Uetuuru Kambato vervang is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie