WB-verskil krimp tot kleinste nóg
Krieket
In vorige pakke slae teen Australië het individuele Namibiërs uitgeblink, maar eergister sou die span van Doer Onder nuwe respek vir die Namibiese veggees gekry het.
’n Opsommende oorsig van vorige ontmoetings teen Australië by die ICC o.19 Wêreldbeker wys hoe Namibiese krieket op junior vlak doelgerig die agterstande in standaarde teenoor die toonaangewende lande laat krimp het.
Alex Volschenk en sy jongmanne kon wel nie eergister vir Australië in Kimberley plattrek nie, maar sal hopelik die selfvertroue en lesse uit die ervaring neem om vandag teen Sri Lanka (vanaf 10:00, regstreeks op SuperSport) en Saterdag teen Zimbabwe te kan toepas en die knoop deur te haak.
Minstens een oorwinning sal nodig wees vir Namibië om as een van die topdrie spanne in die groep te eindig en sodoende tot die supersesfase van die toernooi deur te dring.
• 2000 in Colombo, Sri Lanka
Australië 321/2
Namibië 55 almal uit.
Australië wen met 266 lopies.
Shane Watson het 100* aangeteken en Mitchell Johnson het 2/9 in 5.4 bb geneem – beide latere krieketlegendes. Namibië se meeste lopies was van Pieter Burger (11 van 45 balle) en 16 ekstras. Die Namibiese kaptein was Jan-Berry Burger, wat by die senior 2003 Wêreldbeker uitgeblink het met 85 lopies van 86 balle teen Engeland.
• 2008 in Penang, Maleisië:
Australië 312 in 48 bb
Namibië 163 almal uit in 31 bb.
Australië wen met 149 lopies.
Die Australiese o.19-span het Steven Smith (kaptein), Marcus Stoinis, James Faulkner, wyle Philip Hughes en Josh Hazlewood ingesluit. Vir Namibië, wie se kaptein Dawid Botha 56 van 46 balle (10x4) aangeteken het, het spanlede soos wyle Raymond van Schoor, Bernard Scholtz, Pikky ya France en LP van der Westhuizen later groot internasionale krieket gespeel.
• 2014 in Abu Dhabi, V.A.E.
Australië 242/7
Namibië 141 almal uit in 44.2 bb
Australië wen met 101 lopies
Bredell Wessels (4/50 in 10 bb) en JJ Smit (3/55 in 10) het goed geboul, terwyl Tiaan Snyman (0/31 in 8) minder as 4 per boulbeurt afgestaan het. Namibië moes op 69/7 die kastaiings uit die vuur krap, wat Wessels (43 van 56 balle, 5x4 1x6) en Smit (16 van 32 balle) as nommer 8 en 9 die totaal tot ’n mate reggekry het. Kaptein Gerhard Erasmus se span het verskeie latere senior Eagles opgelewer – insluitend Smit, JP Kotzé, Michau du Preez, Malan Kruger en Zane Green.
• 2024 in Kimberley, Suid-Afrika
Namibië 91 almal uit
Australië 95/6 in 19.5 bb
Australië wen met vier paaltjies.
Jack Brassell (3/28 in 8) en Hanro Badenhorst (2/29 in 6) het die Australiese toporde ontwrig tot 46/4 en 57/5 in hul deurgaans spannende jaagtog na ’n klein totaal. Vroeër het Zacheo van Vuuren (29 van 47 balle, 5x4) en Alex Volschenk (21 van 45 balle, 1x4 1x6) die beste met die kolf gevaar teen ’n uiters bedrewe kwartet naatboulers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie