Wedloop boaan puntelys
Krieket
Die eerste krieketspan van Samsung Wanderers sal graag sy status as die enigste onoorwonne span in Krieket Namibië se premierliga in die 50 boulbeurt-formaat wil voortsit wanneer hy môre die sukkelende MR24/7 Welwitschias in Pionierspark verwelkom. Die kusspan het sover nog geen van sy vier wedstryde gewen nie, terwyl Wanderers vyf uit vyf gewen het. Wanderers is egter laas Saterdag op sy afnaweek ingehaal deur Ceiling Centre WHS Old Boys wat sy vyfde oorwinning in ses wedstryde behaal het en nou danksy ’n beter netto lopietempo boaan die puntelys is.
Vir Old Boys lê môre ’n besoek aan Trustco United voor.
Indien die weer dit toelaat, sal beide wedstryde om 09:30 begin. Op die foto is Old Boys se jong bouler Zacheo van Vuuren, wat laas naweek een paaltjie teen CCD Tigers geneem het. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie