Wedsyfers dalk net-net in Kanada se guns
Rugby
Namibië sal 'n baie akkurate vertoning moet lewer as hy die Noord-Amerikaners wil onderkry.
Die landstrots van twee ontluikende rugbynasies bots môre in Amsterdam, wanneer Namibië en Kanada mekaar die stryd aansê.
Laas Saterdag het Kanada sy toets teen Nederland in Amsterdam danksy ’n versnelling in die tweede helfte beklink (37-25, rustyd 13-13), waarin die wenspan vier drieë gedruk het. Hul heelagter Cooper Coats het foutloos pale toe gekorrel met drie strafdoele en vier doelskoppe.
Nederland se afrigter Lyn Jones, wat tevore in Namibië gewerk het, moes agterna erken: “Ek is bly ons kon drie drieë druk, maar baie geluk aan Kanada – ons was tweede beste in die kontakgebiede.”
Dié uitslag het Kanada se posisie op die wêreldranglys vandeesweek met een plek tot 21ste laat verbeter.
Hierteenoor het Namibië se nederlaag met 15-34 teen Spanje in Madrid sy ranglysposisie onveranderd op 23ste laat bly.
Beserings aan die slot Ruan Ludick (elmboog), flank Janco Venter (knie) en vleuel Divan Rossouw (harsingskudding) het afrigter Allister Coetzee egter opnuut gedwing om sy kaarte te skommel.
Die Unam-vleuel Darryl Wellman is bevorder om die 11-trui by die ongelukkige Rossouw oor te neem.
Die Namibiese agterlyn is redelik onervare op dié vlak, met Le Roux Malan, Warren Ludwig en André van der Berg wat beide laas naweek in hul eerste toetse uitgedraf het.
Van der Berg en Helarius Kisting begin onderskeidelik in die 15- en 9-truie, terwyl PW Steenkamp en Damian Stevens geroteer word om impak van die bank af te verskaf. Cliven Loubser skuif ook van heelagter af terug na sy gebruiklike posisie as losskakel.
Voorlangs skuif Johan Retief na die kant van die skrum en maak Max Katjijeko sy terugkeer as vyfslot.
Die 28-jarige Richard Hardwick se naam is ook op die bank uitgelees om as voormalige Wallaby sy tweede internasionale loopbaan met sy geboorteland Namibië te begin.
Pieter-Jan van Lill het intussen by wyle Manie Grobler verby beweeg as die oudste Namibiese toetsspeler in die geskiedenis. Van Lill kan as plaasvervanger môre in sy 59ste toets vir Namibië speel (hy is tweede ná Eugene Jantjies se rekord van 70) op die ouderdom van 38 jaar 350 dae. Grobler was 38 jaar 187 dae oud in sy laaste toets teen Zimbabwe in 1992.
Afgesien van Van Lill en Adriaan Booysen het die reserwevoorspelers ook maar weinig vorige ondervinding van internasionale rugby.
Wian Conradie is vandeesweek by ’n tugverhoor vrygespreek om teen Kanada te mag speel. Teen Spanje het hy twee geel kaarte gekry, insluitend vir ’n boorvat ná ses minute speeltyd. Geen gemene of geniepsige spel was egter betrokke in sy tweede geel kaart ná 79 minute toe die skeidsregter beslis het dat hy ’n Spaanse losskrum op die doellyn grond toe gebring het nie.
NAMIBIë: 15 André van der Berg, 14 Warren Ludwig, 13 Johan Deysel (kaptein), 12 Le Roux Malan, 11 Darryl Wellman, 10 Cliven Loubser, 9 Helarius Kisting, 8 Prince !Gaoseb, 7 Johan Retief, 6 Wian Conradie, 5 Max Katjijeko, 4 Adriaan Ludick, 3 Casper Viviers, 2 Louis van der Westhuizen, 1 Jason Benade.
Reserwes: 16 Wikus Jacobs, 17 Jano Otto, 18 Chemigan Beukes, 19 Pieter-Jan van Lill, 20 Richard Hardwick, 21 Adriaan Booysen, 22 Damian Stevens, 23 PW Steenkamp.
VINNIGE FEITE
Terwyl Namibië gekwalifiseer het om volgende jaar in Frankryk sy sewende verskyning by die Wêreldbeker te maak en met dié vooruitsig speel, moes Kanada die vernedering smaak om vir die eerste keer in sy rugbygeskiedenis deur Chili uitgeskakel te word – ’n bitter pil vir ’n land wat in 1991 die WB-kwarteindronde gehaal het.
Kanada verdedig nietemin môre met alle mening sy onoorwonne rekord in twee vorige ontmoetings teen Namibië. Tydens die eerste ontmoeting in die 1999 Wêreldbeker in Toulouse was die truidraers met die esdoringblaar met 72-11 baas.
In November 2014 was Danie Vermeulen die afrigter en Jacques Burger kaptein toe die twee spanne se paaie weer in Colwyn Bay, Wallis, gekruis het. Kanada het toe met 17-13 sy neus voor gehou.
Die ewe lank verwagte Wêreldbeker-botsing in Japan 2019 is deur ’n verwoestende tifoon die vorige nag gekanselleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie