Welwitschias bly die hartklop
Rugby
Afgesien van die gekontrakteerde spelers oorsee steek die plaaslike talent ook hul kleim af vir hoër louere.
Allister Coetzee, afrigter van Namibië, sê hy was uiters tevrede met die Windhoek Draught Welwitschias se ontwikkeling tydens die Mzansi-uitdaagreeks.
Die plaaslik gebaseerde Namibiese span het drie uit nege provinsiale wedstryde gewen, om sewende uit 10 mededingende spanne te eindig.
Coetzee het dié week 20 van dié spelers genooi na sy eerste van twee oefenkampe met die oog op die internasionale seisoen. Hy glo ook dat die grondslag gelê word vir ’n selfs meer kompeterende provinsiale aanslag in 2024.
“Ek sou sê dit was regtig ’n goeie seisoen vir die eerste jaar (sedert 2019). Ons het drie wedstryde gewen en nog drie binne vyf punte verloor. Met ’n bietjie geluk kon ons die halfeindronde gehaal het,” het Coetzee gesê.
“Gedurende die tweede helfte van die kompetisie het ons geweldig verbeter en uit tien spanne het ons inderdaad die derde meeste drieë gedruk. Boaan was die Valke (47), daarna SWD Arende (38) en die Welwitschias met 32 drieë.
“Vir my is dit ’n uiters positiewe aanduider van hoe ons wil speel en ons identiteit in Namibiese rugby, van aanvallende rugby en drieë druk,” het hy gesê.
“Ek is baie positief oor hoe die spelers gereageer en by ’n nuwe afrigterspan en ’n nuwe filosofie aangepas het. Ek was bly oor hoe leergierig hulle was en waardeer die moeite, opofferings en die afstande wat hulle moes aflê.”
Coetzee het vertroue uitgespreek in die Welwitschias se hoofafrigter Chrysander Botha asook sy afrigtingspan van Jaco Engels, Rohan Kitshoff en David Philander. “Ek was baie tevrede met die manier hoe ons saamgewerk het. Ek reken Chrysander het regtig ’n fantastiese taak verrig.”
Coetzee sê hulle sal vroeër begin voorberei vir volgende jaar se Mzansi-reeks, met ’n eerste oefenkamp reeds in November vanjaar.
BELANGRIKE DATUMS
Maandag 26 Junie – Eerste oefenkamp begin in Windhoek.
Maandag 10 Julie – Tweede oefenkamp begin op Swakopmund.
Sondag 23 Julie – Namibië toergroep (35 spelers) vertrek na Uruguay.
Saterdag 29 Julie – Wedstryd, Namibië teen Argentinië-A in Montevideo.
Saterdag 5 Augustus – Toetswedstryd, Namibië teen Uruguay in Montevideo.
Saterdag 12 Augustus – Toetswedstryd, Namibië teen Chili in Santiago.
Maandag 14 Augustus – Aankondiging van Namibië se Wêreldbekergroep van 33 spelers. ’n Week van hersteltyd.
Maandag 21 Augustus – Wêreldbeker-oefenkamp vir die week.
Saterdag 26 Augustus – Wedstryd teen die Vodacom Blou Bulle in Windhoek.
Dinsdag 29 Augustus – Namibië se span (33 spelers) vertrek na die Wêreldbeker in Frankryk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie