Wentzel wen Swakop Ope met een hou

Gholf
Kevin Wentzel, van die buurklub Walvisbaai, het laas naweek by die Rössmund gholfbaan as die Standard Bank Swakop Ope se kampioen weggestap.

Die toernooi het ’n veld van 60 spelers gelok wat die meeste van die prominente klubs in die land verteenwoordig het.

Saterdagoggend, op dag 1, was die toestande ideaal vir gholf, met die ligte windjie wat sake help afkoel het.

In die eerste afslaangroep was Rössmund-klub se Stefanus Bonifatius wat graag die trofee van sy jarelange mededinger Likius Nande wou herwin.

Hoewel Douw van Wyk met ’n puik bruto 75 die eerste ronde met een hou voor Edwin Kutara (76) as voorloper afgesluit het, het Wentzel die beste tweede ronde (73, gelyk aan baansyfer) aangeteken om boaan die voorloperbord met een hou voor Bonifatius te oornag.

Sondag was egter ’n ander saak, met ’n nat en mistige oggend wat sommige afslaantye vertraag het. Met die omdraai was Bonifatius met vyf houe voor Wentzel, maar die Walvisbaaier se arend op putjie 10 en Bonifatius se dubbele brouhou op putjie 16 was genoeg om sake om te keer en die uitslag met een hou in Wentzel se guns te beklink.

In die vrouetoernooi het Wilna Bredenhann op haar voorsprong van twee houe ná die eerste dag voortgebou om uiteindelik met agt houe teen die vorige titelhouer Wilma de Wet te wen.

Die organiseerders bedank alle spelers en die hoofborg van die afgelope drie jaar, Standard Bank.

Die finale uitslae:

Algehele kampioen (beste bruto): 1 Kevin Wentzel 221; 2 Stefanus Bonifatius 222.

Algehele beste netto: 1 Des Benson 206; 2 Tienie de Wet 219 (uittel).

A-afdeling beste bruto: 1 Likius Nande 229; 2 Edwin Kutara 231.

A-afdeling beste netto: 1 Paulus Shimoshili 221; 2 Douw van Wyk 228 .

B-afdeling beste bruto: Mario Polster 250; 2 Andrew van Schalkwyk 255 (uittel)

B-afdeling beste netto: 1 Steven Johns 219; 2 Theo Haimbondi 227.

C-afdeling beste bruto: 1 Mark Jacobs 173; 2 Clive Lawrence 180.

C-afdeling beste netto: John Horne 151; 2 Ben Louw 156 (uittel).

Vroue beste bruto en algehele kampioen: 1 Wilna Bredenhann 171; 2 Wilma de Wet 179. Vroue beste netto: Rina Knight 159.

Stableford-afdeling: 1 Wouter Smith 72 punte; 2 Borge Romero 69; 3 Gaby Adams 67; 4 Barbel von Klitzing 63.

Kommentaar

Republikein 2025-01-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 24° | 36° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 23° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 22° | 39° Aranos: 25° | 38° Lüderitz: 19° | 32° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 18° | 35° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 20° | 26° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!