Wêreldspoedrekord was in haar visier
Seilplankry
Om die nuwe wêreldspoedrekord vir vroue tydens die afgelope Lüderitz Speed Challenge te oortref, is ’n doelwit waaraan die seilplankryer Heidi Ulrich (38) van Switserland lank en doelgerig gewerk het.
“Uiteindelik op die laaste dag van die kompetisie kon ek die rekord breek. Die vorige rekord is in 2017 deur Sara Davis van Engeland opgestel met 46.49 knope, ongeveer 85 kilometer per uur. Ek het dit verbeter tot 47.18 knope wat 86 km/h, gehandhaaf oor 500 meter is.
“My maksimum snelheid was 93 km/h. Dit klink nogal mal om dit op ’n branderplank te doen, ek weet, maar ek is mal daaroor.”
Ulrich het uiteraard ook die nuwe Switserse nasionale spoedrekord opgestel, wat in 2015 deur Karin Jaggi opgestel was.
Ulrich het in 2013 begin om branderplank te ry. Sy het toe saam met twee vriende Namibië toe gekom omdat hulle aan die Speed Challenge deelgeneem het.
“Ek het hulle dopgehou en dit was nie lank nie, toe is ek versot op die sport. Ek het in 2015 teruggekom, maar ek het net in die aande wanneer al die ander weg was op die kanaal (by Lüderitz) geoefen.
“In 2017 was die kanaal nie reg nie en ons kon dit nie gebruik nie. In 2019 het ek uiteindelik aan die kompetisie deelgeneem en die wêreldrekord met net 0.2 knope en die Switserse een met 0.1 misgeloop.
“Dit was ’n harde hou en ek het besluit om die volgende paar jaar weg te bly om te oefen en my toerusting te verbeter. Vanjaar het ek teruggekom met een doel voor oë en ek is in my noppies dat ek dit op die laaste dag kon regkry.”
NASIONALE REKORDS
Tydens die Lüderitz Speed Challenge het Melek Toraman ook ’n nuwe Duitse vrouerekord met 45.45 knope opgestel. Oisin van Gelderen het ’n nuwe Ierse mansrekord van 49.87 knope opgestel.
Die Belg Vincent Valkenaers het in 2019 die wêreldspoedrekord vir mans vir seilplankry met 0.02 knope en vanjaar met 0.1 knoop misgeloop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie