Whyte hoop Chisora gee Fury slae
Boks
Die Britse swaargewigbokser Dillian Whyte reken Derek Chisora verdien sy titelkans dié naweek teen Tyson Fury, al dink omtrent niemand anders so nie.
Fury sal sy swaargewigtitel van die Wêreldboksraad (WBC) Saterdag in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen teen Chisora verdedig.
Die kampioen het die uitdager reeds twee keer tevore verslaan – in 2011 met punte en in 2014 met ’n tegniese uitklophou.
Chisora kon boonop net een van sy laaste vier gevegte wen. Hy het eers teen Oleksandr Usyk verloor, toe twee keer teen Joseph Parker slae gekry voor hy weer teen Kubrat Pulev gewen het.
Whyte, wat ’n paar maande gelede deur Fury uitgeslaan is, dink egter Chisora verdien weer dié kans teen Fury.
“Ek hoop hy wen. Die man is deur die hel en terug. Hy kom al ’n lang pad,” het Whyte aan iFL TV gesê.
“Boksondersteuners kla oor elke dingetjie. Teen wie moes hy (Fury) boks? Derek was reeds in ’n oefenkamp. Derek oefen altyd, want hy is ’n strydros en hy is dapper.”
Hoewel Chisora altyd vir ’n mededingende geveg sorg, is dit nie juis ’n kragmeting wat die wêreld se verbeelding aangryp nie.
Die Tottenham Hotspur-stadion sal wel stampvol wees, want die Britte is boksmal en albei vegters het wel duisende ondersteuners.
Die eksentrieke Chisora het darem ook belowe dat hy Fury gaan uitslaan.
“Ek gaan hom 100% platslaan. En wanneer ek hom uitgeslaan het, sê net dankie en veels geluk,” het Chisora geskryf.
LERENA TEEN DUBOIS
Kevin Lerena van Suid-Afrika boks in dieselfde toernooi teen Daniel Dubois.
Dubois, ’n Brit, verdedig sy “gewone” swaargewigtitel van die Wêreldboksvereniging (WBA).
“Ons sien die geveg teen Lerena as voorbereiding vir Oleksandr Usyk,” het Dubois se afrigter, Shane McGuigan, aan Boxing Scene gesê.
“(Lerena) is ook ’n ou wat van junior swaargewig af opgekom het. Hy spring nie so baie rond soos Usyk nie, maar hy beweeg sy kop en is ’n moeilike teiken. Hy is boonop, nes Usyk, ’n hotklou. So dit sal ’n goeie toets wees.”
McGuigan sê mense moenie sy bokser se titel onderskat nie.
“Usyk het die volle WBA-titel en ook die gordels van die IBF, WBO en die IBO. Fury het die WBC-titel. Daniel se titel as WBA se gewone kampioen beteken basies hy is die eerste aanspraakmaker op Usyk se titel is,” sê hy.
Dubois het 17 van sy 18 oorwinnings in die geldkryt met uitklophoue behaal.
Die 30-jarige Lerena (28-1, 14 uitklophoue) aan Bad Left Hook se webwerf gesê: “Hy is ’n harde slaner, so ek sal my spoed moet gebruik om hom van balans af te kry.
“Ek is nie dom nie; ek weet ’n taai geveg wag op my. Maar ek weet ook dat hy (Dubois) nog nooit teen iemand soos ek baklei het nie.”
Ter voorbereiding het Lerena teen die gedugte Martin Bakole van die Kongo geskerm.
“Ek kan my nie voorstel dat hy (Dubois) harder as Martin slaan nie. Ek skrik ook nie omdat hy groter as ek is nie; ek het al teen Mariusz Wach, wat selfs groter as hy is, baklei en gewen,” sê Lerena.
• Die toernooi word Saterdag vanaf 20:00 op SS 210 uitgesaai.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie