Daniel Paulus (in blou) het reeds vanjaar die Daegu Internationale Marathon in Suid-Korea met 'n nuwe nasionale rekord van 2:08:40 kafgedraf om die legendariese Luketz Swartbooi se merk te oortref. Foto Daniel Paulus (Facebook)
Daniel Paulus (in blou) het reeds vanjaar die Daegu Internationale Marathon in Suid-Korea met 'n nuwe nasionale rekord van 2:08:40 kafgedraf om die legendariese Luketz Swartbooi se merk te oortref. Foto Daniel Paulus (Facebook)

Wie gaan Navachab se goud jaag?

Padwedlope
Seshonderd-en-sewentige ywerige hardlopers van alle ouderdomme het verlede jaar vir die kompetisie aangetree.
Tielman Van Lill
Die negende jaarlikse QKR Navachab Gold-halfmarathon sal op Saterdag 16 September in Karibib plaasvind.

Die gewilde padwedloop vanaf die Karibib-stadion sal aan die hardlopers van 21.1 kilometer ’n gesamentlike prysgeld van N$158 000 bied wat in die onderskeie kategorieë opgeraap kan word.

Vir die minder ernstige hardlopers is daar ’n 10 km-roete, of 5 km vir pretdrawwers.

In die halfmarathon is groot pryse te wen vir die eerste, tweede en derde plekke in beide manlike en vroulike kategorieë vir juniors (16 tot 19 jaar), seniors (20 tot 39 jaar), veterane (40-49 jaar) en meesters (50 en ouer).

Vervoer uit die verskillende streke sal deur die ministerie van sport, jeug en nasionale diens beskikbaar gestel word. Verblyf sal by die jeugkoshuis in Usakos voorsien word vir diegene wat nie privaat verblyf kan bekostig nie.

Die agtste weergawe is in September 2022 onderskeidelik deur Daniel Paulus en Alina Armas in die elite mans- en vroue-afdelings gewen.

Paulus van die Korrektiewe Dienste (NCS) was uitstekend op dreef en het die roeterekord van 1 uur 3 minute en 1 sekonde net-net misgeloop. Hy het met 1:03:10 die eerste plek behaal. In die tweede plek was Rainhold Tomas (NCS) met 1:03:40, gevolg deur Paulus Simon (NCS) in 1:04:20.

By die elite vroue het Armas (Namibiese weermag) se 1:20:04 aan haar die goud besorg. Indileni Mweshamekange (Windhoek-atletiekklub) het met 1:22:00 die tweede posisie ingeneem, gevolg deur Victoria Kaliteka (Unam) in 1:24:06.

Inskrywings vir die halfmarathon en 10 km beloop N$80 vir ongeregistreerde en geregistreerde senior atlete. Gratis vir ongeregistreerde junior atlete.

Om 5 km te hardloop, beloop N$50 vir ongeregistreerde en geregistreerde senior atlete. Gratis vir ongeregistreerde junior atlete.

Inskrywingsvorms is by verskeie klubs of landwyd by streeksportkantore beskikbaar, of kan by die Usabgimnasium in Karibib verkry wo0rd.

Mnr. Bethold Karumendu van die Omaruru-sportkantoor kan ook by 081 311 8489 en per e-pos ([email protected]) vir ’n inskrywingsvorm gekontak word.

Die byeenkoms se medeborge is FNB Karibib, Atletiek Namibië, Karibib-dorpsraad, Coca Cola, Agra, CAA, Vivo Energy en Nammed.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!