Wiele aan rol vir nuwe era in toetsrugby
Rugby
Die besluitnemers in wêreldrugby word aangemoedig om planne vir die grootste revolusie in die spel sedert die koms van die beroepsera te omarm.
Dit sluit in ’n tweejaarlikse “Wêreld-eindstryd”.
Die voorste rugbylande het Dinsdag in Dublin vergader en Wêreldrugby, die internasionale beheerliggaam, wil glo hê hulle moet hulle voor die einde van die week tot die nuwe kompetisie verbind, sodat dit in November formeel goedgekeur kan word.
Gebeur dit wel, sal dit die mees radikale verandering in die spel wees sedert rugby in 1995 ’n beroepsport geword en die Drienasies-reeks in 1996 begin het, danksy die belegging wat die media-magnaat Rupert Murdoch destyds gemaak het.
Volgens inligting is die plan dat die kompetisie, wat in 2026 sal begin, op twee vlakke beslis word.
Die Sesnasies-spanne, Engeland, Wallis, Skotland, Ierland, Frankryk en Italië, sal saam met Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië, Argentinië, Fidji en Japan in die topkompetisie speel.
Die opkomende rugbylande het glo reeds verlede week in Londen daartoe ingestem om hul jaarlikse wedstryde teen topspanne op te offer om van 2024 in die “eerste liga” te speel.
Die kompetisie sal elke tweede jaar gespeel word sodat dit nie met die Wêreldbeker-toernooi of die toer van die Britse en Ierse Leeus bots nie.
Die eindstryd van die sogenaamde “Nasies-kampioenskap” – daar is nog nie formeel op die naam besluit nie – sal aan die einde van November beslis word en daar sal ook twee promosie/relegasie-wedstryde wees.
Toetse wat gedurende die Julie- en November-toetsvensters gespeel word, sal gebruik word om die voorste spanne te bepaal.
Elke span van die Noordelike Halfrond sal twee keer teen ’n teenstander uit die Suidelike Halfrond te staan kom – tuis of weg.
Om die tyd wat die spanne moet reis te beperk, sal die spanne van die Suidelike Halfrond in twee “blokke” opgedeel word en daar sal van die span wat laaste op dié ranglys is, verwag word om sy Julie-toetse op neutrale velde te speel.
Engeland, Wallis en Ierland kan byvoorbeeld in die eerste jaar hul toetse weg teen Nieu-Seeland, Australië en Japan speel, terwyl Skotland, Frankryk en Italië in Suid-Afrika en Argentinië toer.
Fidji kan dan besluit of hy sy toetse in Suid-Afrika of Fidji wil speel.
In November sal Engeland tuis teen Suid-Afrika, Argentinië en Fidji te staan kom.
Die voorste twee spanne (ná afloop van die ses toetse) sal mekaar dan in die eindstryd pak.
Samoa, Tonga, Amerika, Kanada, Uruguay, Chili, Namibië, Georgië, Roemenië, Spanje, Portugal en Nederland sal in die sogenaamde uitdaag-afdeling teen mekaar speel.
Tradisionele toere sal in die jaar wat die Leeus gaan toer, gehou word, met spanne van die uitdaag-afdeling wat dan teen van die topspanne sal meeding.
’n Voorlopige ooreenkoms is bereik dat spanne soos Engeland – sonder hul Leeus-verteenwoordigers – ’n toetsreeks in Samoa of Tonga speel.
Die fokus op die Dublin-vergadering is ook om beter belyning onder die rugbylande in die Suidelike Halfrond te kry met Argentinië, Suid-Afrika en Japan wat nie meer in die Superreeks speel nie.
– www.thetimes.co.uk, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie