Wiele reg vir Karibib-fietsren

Danksy ‘n baie welkome borgskap is die wiele aan die rol en geolie vir die Karibib-fietsren wat ten doel het om die leerlinge van die Dagbreek Skool in Windhoek te ondersteun en hul geriewe op te knap.

Indongo Toyota borg die voertuie vir die fietsren op 6 Julie wat deur die Top Gear-fietsryklub in samewerking met Dagbreek aangebied en ‘n jaarlikse instelling gaan word. Die fietsren dek ‘n uitdagende roete van Karibib tot Wilhelmstal/Kwetu en wissel van 100 en 60 km tot 30 km. Ook kan maatskappye en groepe deelneem aan die 5 km bergfiets-aflos, met alle geld wat ingesamel word wat gebruik sal word vir die konstruksie van ses nuwe klaskamers by Dagbreek. Die bou van die klaskamers word beraam op sowat N$4 miljoen en die hoop is om dit binne drie jaar te voltooi. Vir jong kinders is daar ‘n 2,5 km pretren. Vir inligting en om deel te neem, kan Eddie Martins by 081 370 8075, Freddy Thys by 081 440 6581 of Julian Jooste by 081 841 5444 gekontak word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!