Wiese lewer ’n vertoning in Nottingham
Krieket
Namibië se mees hoëprofiel-krieketspeler David Wiese is Woensdagaand as speler van die wedstryd aangewys in Engeland se beroepsliga, genaamd The Hundred.
Wiese het in Nottingham vir sy franchise, die Northern Super Chargers, teen die Trent Rockets gespeel, en het ingestap om te kolf met sy span se telling op 70 vir vyf.
Die Namibiër het net 25 balle getrotseer, waarvan hy vier sesse en drie viere geslaan het, om onoorwonne op 54 lopies te eindig en sy span se totaal tot ’n mededingende 142 op te stoot. Sy span het uiteindelik met net drie lopies gewen.
’n Video van ’n toeskouer wat die bal netjies gevang het nadat Wiese ’n ses van die laaste bal van die kolfbeurt geslaan het, is deur die uitsaaier Sky Sports gedeel.
Die Namibiër het ook ’n skouspelagtige vangskoot op die grens in die tweede laaste boulbeurt geneem, deur hoog in die lug te spring en die bal terug in die spel te gooi, maar daar is bevind dat sy voet aan die tou geraak het terwyl hy nog in beheer van die bal was. Ondanks sy puik poging is dus wel ses lopies afgestaan.
Met die laaste van die Rockets se toegelate 100 balle, en met vier lopies benodig vir ’n oorwinning, het Wiese wel ’n ent gehardloop om met ’n vangskoot van die Australiër Daniels Sams ontslae te raak.
Wiese se span, die Northern Super Chargers, is tans in die tweede plek uit die agt spanne.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie