Wikus in ná Torsten ’n stamp kry
Rugby
Ruan Ludick is ook vir die beginspan nader geroep om Tjiuee Uanivi te vervang.
Wikus Jacobs, haker van FNB Grootfontein en die Windhoek Draught Welwitschias, vertrek vandag uit die land om hom in Chili by die nasionale span aan te sluit.
Jacobs sal hom na verwagting Vrydag by die span aansluit, net betyds vir die volgende dag se toetswedstryd teen Chili in die besonder kleurryke hawestad Valparaíso, sowat een uur buite die hoofstad Santiago.
Sy insluiting op die reserwebank is die gevolg van Torsten van Jaarsveld se ongelukkige boarmspierbesering tydens ’n oefensessie Dinsdag.
Louis van der Westhuizen, wat aanvanklik ’n plaasvervanger sou wees, word gevolglik bevorder om weer soos verlede naweek teen Uruguay die toets te begin. Van der Westhuizen neem vir die eerste keer ook die titel as onderkaptein van Van Jaarsveld oor.
Allister Coetzee, hoofafrigter, sê omdat Van Jaarsveld tevore sy boarmspier aan die linkerkant geskeur het, weet hy uit ondervinding dat die nuutste stamp minder ernstig van aard is, omdat hy steeds krag kan uitoefen.
Die presiese omvang van die besering sal egter deur skanderings bepaal moet word moet word, terwyl die toerbestuur ook nie ’n onnodige kans met so ’n sleutelspeler voor die naderende Wêreldbeker wou waag nie.
In nog ’n gedwonge verandering is die hemelbesem Ruan Ludick betrek om Tjiuee Uanivi se trui as vyfslot oor te neem, nadat laasgenoemde ná die Uruguay-nederlaag ongemak in sy lae rugspiere ondervind het wat nie genoegsaam herstel het om nog ’n klipharde wedstryd teen Chili te deurstaan nie.
Die Ludick-boers Ruan (28) en Adriaan (25), wat beide in Frankryk klubrugby speel, sal dus vir die derde keer ’n toetswedstryd saam begin.
Coetzee sê: “Ondanks die veranderinge en verlede naweek se uitslag bly die span positief om die laaste wedstryd van ons toer goed af te sluit. Dit is goeie voorbereiding en ’n toets vir die span se diepte op die pad vorentoe.”
Die plaaslike afskoptyd (17:00) vir Saterdag se toets is om 23:00 Namibiese tyd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie