Williams groet Blitsbokke om 15’s in Japan te gaan speel
Marnus Kok - Shaun Williams, wat verlede jaar lid van die Blitsbok-span was wat die bronsmedalje op die Olimpiese Spele in Parys gewen het, gaan van Maart af sy loopbaan in Japan voortsit.
Williams (26) se kontrak met die Blitsbokke verstryk aan die einde van Februarie, waarna hy op 1 Maart by die Akita Northern Bullets in Japan aansluit. Dié boorling van Mooinooi in Noordwes het ’n kontrak van twee jaar gesluit om 15’s te speel.
“Ek voel ek het baie by die Blitsbokke bereik. Die rugby in Japan is vinnig en mededingend en iets wat ek graag wil ervaar,” sê Williams.
“Ek het klubs, meestal Japannese klubs, maar ook klubs in Amerika genader vir ’n geleentheid. Ek het met van die afrigters gesels. Een van hulle was die afrigter van San Diego Legion (John Manenti), wat tevore Australië se sewesspan afgerig het.”
Williams is ’n oudleerling van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria, wat ná skool die Universiteit van Johannesburg in die Varsitybeker-reeks verteenwoordig het. Hy het die Leeus op junior vlak en ook die Johannesburgers se senior 15-tal verteenwoordig voordat hy in 2020 by die nasionale sewesakademie aangesluit het.
In 15’s kan Williams as heelagter, vleuel of skrumskakel ingespan word.
Shaun Williams tydens ’n oefensessie van die Blitsbokke in November in Stellenbosch. Foto: Gallo Images
“Ek onthou toe ek by die sewes begin het, was coach Neil (Powell) en Renfred (Dazel) nog die afrigters. Dit was net voor die vorige Olimpiese Spele (in Tokio),” sê Williams.
“Destyds het Renfred vir my gesê ek het goed in die oefeninge vertoon en dit het vir my as nuwe speler ongelooflik baie beteken. Toe het ek aan myself gesê met die volgende Olimpiese Spele wil ek probeer om die span te haal.”
Williams het in 2021 in die Vancouver-toernooi in Kanada sy buiging vir die Blitsbokke in die Wêreldreeks gemaak. Die afgelope Desember in die Kaapstad-toernooi, wat Suid-Afrika gewen het, het Williams in sy 19de toernooi in dié reeks gespeel.
Benewens die bronsmedalje op verlede jaar se Olimpiese Spele, was Williams ook lid van die Blitsbok-span wat in 2022 die goue medalje op die Statebondspele in Birmingham verower het.
“Dit is vir my hartseer dat ek die Blitsbokke gaan verlaat – daar was soveel wonderlike dinge soos die bronsmedalje op verlede jaar se Spele en die goud op die Statebondspele,” sê Williams.
“Toe ek op hoërskool was, was dit my droom om eendag vir die Blitsbokke te speel. Dit was die tyd toe Branco (Du Preez) en Cecil (Afrika) nog vir hulle gespeel het.”
Williams is nog beskikbaar om die Blitsbokke in die Perth-toernooi (24 tot 26 Januarie) en die een in Vancouver (21 tot 23 Februarie) te verteenwoordig. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie