Wilro en Loic tem klein-Texas
Tydrenne
Die JAC Motors Gobabis-tydren is Saterdag deur Wilro Dippenaar in die S-klas en Loic Bathfield in die CR-klas gewen.
Dippenaar en sy navigator, Carolyn Swan, het slegs 1 uur 05 minute 20 sekondes nodig gehad om sy PZN Panelbeaters 4x4-Ford Fiesta R5 deur die tien spesiale sneldele (SS) te neem.
Jaco Redelinghuys het ’n welkome terugkeer saam met Derek Jacobs in sy 4x4-Gobabis Toyota Yaris vir die tweede plek in 1:09:09 gemaak.
Pieter Greeff en JP Robinson volg derde (1:21:41) met Muhatu, sy sealconsultingengineers 4x2-Toyota Corolla 1.6 liter.
Wido Bartsch/Madeleine Koegelenberg het die S-klas onder supertydrenreëls voltooi, terwyl Welmie Kühn/René Botha en Zachary Martin/Jannie Coetzee nie enduit die pyp gerook het nie.
In die veldrenafdeling het Bathfield en Johan Steyn goed gevaar en die agtsilinder 4x2-Century Racing CR6 in 1:13:10 die afstand voltooi.
Rian Kritzinger en Ian Stander was tweede met sy 4x2-Nissanbakkie V8. Werner Bartsch en Christel Fourie was derde in hul 2x4-Ford Courier V6.
Albertus Smit/Riaan Hennop, Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff asook Paul Ackermann/Walter Kinear kon nie die wedren in die veldrenafdeling voltooi nie.
Die voorste uitslae:
Algeheel, S-klas: 1 Dippenaar/Swan, 2 Redelinghuys/Jacobs, 3 Greeff/Robinson.
S4-klas: 1 Dippenaar/Swan (1:05:20), 2 Geldenhuys/Jacobs (1:09:09).
S2-klas: 1 Berto Mostert/Chané Havenga (1:47:50).
S1-klas: 1 Greeff/Robinson (1:21:41), Pierre Röhm/Pieter Steyn 2x4-VW Polo (1:06:01).
Veldrenklas, algeheel: 1 Bathfield/Steyn, 2 Kritzinger/Stander, 3 Bartsch/Fourie ().
CR1-klas: 1 Bathfield/Steyn (1:13:10), 2 Kritzinger/Stander (1:17:53), Ekko Eisenberg/Rassie Rietz (1:32:40).
CR2-klas: 1 Bartsch/Fourie (1:28:44).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie