Windhoek Jets die nuwe T20-kampioen
Krieket
'n Mengsel van genooide spelers uit die buiteland het ook die reeks interessant help maak.
’n Kompeterende eindstryd het gister die kroon gespan op nog ’n suksesvolle Richelieu Franchise T20-reeks, wat vir Krieket Namibië as ’n vertoonvenster in sy mees suksesvolle formaat op internasionale vlak en ’n toets vir voornemende nasionale spelers dien.
JJ Smit se Etosha Wildcats (146/6 in 20 boulbeurte) moes gister met 18 lopies die knie buig toe hulle nie die 164/2 (20 bb) van Jan Frylinck se Windhoek Jets kon ewenaar nie.
Die twee uitsoekspanne het onderskeidelik met vyf en drie seges (uit ses wedstryde) hul plekke in gisternamiddag se eindstryd by die Unitedveld bespreek.
Hoewel die Namib Desert Lions ook drie oorwinnings behaal het, was die Jets se netto lopietempo (0.0699 teen -0.3182) heelwat beter.
Shaun Fouché (59 van 46 b, 2x4, 4x6) en Niko Davin (19 van 16 b, 2x4) se openingsvennootskap is op 36 verbreek toe Davin deur Bernard Scholtz gevang en geboul is.
Jan Frylinck (63 nie uit nie van 47 balle, 4x4, 1x6) en Zane Green (19 nie uit nie van 11 b, 1x4, 1x6) het bymekaar gekom toe Fouché op 109/2 ná 15.1 bb uitgevang is.
Vir Fouché was dit ’n perfekte dag en hy is as speler van die eindstryd bekroon. Behalwe vir sy stewige lopiebydrae het hy 3 paaltjies vir 24 lopies in 4 boulbeurte met 10 leë aflewerings geoes. Hy het die belangrike paaltjies van JP Kotzé en JJ Smit laat val en Bernard Scholtz vroeg laat stap.
JC Balt (1/24 in 4, 12 leë balle), Faf du Plessis (1/24 in 4, 9 leë balle) en Mika Mutumbe (1/38 in 4) se bydraes kan nie onderskat word nie.
Die Wildcats se meeste lopies is deur JJ Smit (35 van 28 b, 1x4, 2x6), Nicol Loftie-Eaton (30 van 29 b, 2x4, 1x6), Darren van Dyk (21 van 19 b, 1x4, 1x6), JP Kotzé (20 van 14 b, 4x4) en Danie van Schoor (16 van 12 b, 3x4) aangeteken.
Bernard Scholtz (1/19 in 4, 9 leës) het Davin gevang en geboul, terwyl Loftie-Eaton (1/33 in 3, 3 leës) vir Fouché laat deur Michael van Lingen laat uitvang het.
Al die uitslae van die reeks, met spelers van die wedstryde.
15 September: Jets (147/5 in 20 boulbeurte) klop die Lions (123/8 in 20) met 24 lopies. Topspeler: Divan la Cock.
16 Sept: Wildcats (114/5 in 16) klop die Fish River Eagles (112/6 in 20) met 5 paaltjies. Topspeler: JP Kotzé.
16 Sept: Wildcats (135/2 in 16.2) klop die Jets (131/4 in 20) met 8 paaltjies. Topspeler: JJ Smit.
17 Sept: Jets (181/4 in 20) klop die Eagles (158/5 in 20) met 23 lopies. Topspeler: Zane Green.
17 Sept: Wildcats (165/4 in 20) klop die Lions (123/9 in 20) met 42 lopies. Topspeler: Darren van Dyk.
20 Sept: Wildcats (120/0 in 12.2) klop die Lions (117/6 in 20) met 10 paaltjies. Topspeler: Danie van Schoor.
21 Sept: Lions (128/1 in 13.3) klop die Eagles (127/4 in 20) met 9 paaltjies. Topspeler: Gerhard Erasmus.
21 Sept: Jets (146/6 in 19.4) klop die Wildcats (143/6 in 20) met 4 paaltjies. Topspeler: Jan Frylinck.
22 Sept: Eagles (158/2 in 19.2) klop die Jets (155/3 in 20) met 8 paaltjies. Topspeler: Jean du Plessis.
23 Sept: Jets (169/6 in 16.4 van 17 bb) klop die Lions (130/3 in 11.4 van 12) met 7 paaltjies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode. Topspeler: Jean du Plessis.
23 Sept: Wildcats (202/5 in 20) klop die Eagles (184/8 in 20) met 18 lopies. Topspeler: Nicol Loftie-Eaton.
24 Sept: Lions (161/8 in 20) klop die Eagles (121/9 in 20) met 40 lopies. Topspeler: Gerhard Janse van Rensburg.
Finaal 24 Sept: Wildcats teen Jets. Topspeler: Shaun Fouché.
TOPSPELERS VAN DIE REEKS
Bouler van die reeks: Nicol Loftie-Eaton (11 paaltjies), ekonomie 8.26. Tweede was Danie van Schoor met agt paaltjies (en die beste ekonomiekoers van net 4.87 per boulbeurt). Simon Shikongo en Handre Klazinga was gesamentlik tweede, ook met agt paaltjies elk.
Kolwer van die reeks: Jan Frylinck (330 lopies, kolftempo 136.36). Tweede was JJ Smit met 275 lopies (kolftempo 142.49) en die meeste sesse in die reeks (20). Derde was die nasionale spankaptein gerhard Erasmus, wat met 231 lopies en ’n kolftempo van 147.13 ook sy waarde gewys het.
Jan Frylinck, kaptein van die wenspan, het as bouler en kolwer 1 169 individuele merietepunte ingesamel om ook as speler van die toernooi bekroon te word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie