Wintertoer verloop vlot volgens plan
Bergfietsry
Die negende jaarlikse Wintertoer vir bergfietsryers het die afgelope naweek oos van Windhoek plaasgevind.
Die toer bied beide oud en jonk die kans om nuwe uitdagings te trotseer. Ryers word ’n spesifieke roete en afstand gegee en hulle kan kies of hulle die volle afstand wil doen en of net ’n gedeelte. Hulle kan teen hul eie pas ry en tyd speel geen rol nie.
Dis ook ’n geleentheid om van die gejaag van die stadslewe te ontvlug en as gesinne weer perspektief te kry.
Buiten wind wat altyd ’n faktor is, was die weer baie gunstig en die koue het nie lank gehou nie.
Vrydag se afstand was 120 km. Met die temperatuur vroegoggend op 2 grade het ryers by die M51 Nina-pad begin. Binne die eerste paar kilometer het dit egter warmer begin word en ’n genotvolle dag was die vooruitsig. Die eindpunt was by Saroa Lodge in die Kalahari waar die groep ook die naweek gehuisves is.
Saterdagoggend is 70 km op dieselfde pad aangepak, hoewel in ’n ander rigting. ’n Goeie padoppervlak het dit vir die ryers meer genotvol gemaak, hoewel dit vir sommiges steeds ’n uitdaging was.
Sondag het Johan Fourie, die organiseerder, die “gewilliges” gehelp met tegniek om in sand te ry. Die groep het aspekte hiervan bespreek voordat almal saam gaan ry en dit toegepas het in ’n baie rustige rit van twee ure saam.
Ryers wat hul persoonlike beste afstande in ’n enkele rit voltooi het, was Suretha Laker, Ansie Hanekom en Mathys du Preez (almal 120 km), Francois Laker (70 km) en Raphael von Kunow (30 km).
Die organiseerders bedank Saroa Lodge wat na die groep omgesien en hulle bederf het. Die beplanning is om in 2024 vir die toer se tiende bestaansjaar weer by dié lodge te kuier en ander roetes te verken.
Die bydraende borge Jaycee Entertainment, Superspar The Grove, Cymot, Chiwani Safari Camps, Saroa Lodge, DebMarine Namibia, Pupkewitz Toyota en Spice and Scale World word bedank.
Vir Johans Training Center (op Facebook) is die 3Passes bergfietstoer van 13-15 Oktober volgende op die kalender.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie