Woede oor supermodel se rol as ambassadeur van WB vir vroue
Sokker
Fifa se keuse van die Brasiliaanse supermodel Adriana Lima as sy eerste ambassadeur vir aanhangerdeelname vyf maande voor die begin van die Wêreldbekertoernooi vir vroue is deur ’n voormalige lid van die beheerliggaam se taakmag vir vrouesokker as “toondoof” beskryf.
The Guardian berig Lima se aanstelling om “verskeie wêreldwye inisiatiewe te skep, te bemark en aan deel te neem”, is Maandag deur Fifa bevestig ure voordat die voormalige Victoria’s Secret-loopplankmodel die aanhangerprys op sy jaarlikse toekenningsaand in Parys oorhandig het.
“Eerlikwaar, Fifa, is dit in die aanloop tot die Wêreldbekertoernooi die ambassadeur vir aanhangerdeelname wat ons nodig het?” vra Moya Dodd, lid van die bodkomitee vir die medegashere Australië en Nieu-Seeland, op Twitter.
Dodd, voormalige lid van Fifa se uitvoerende komitee en stoere voorstander van vrouesokker, het die hutswoord “toondoof” gebruik en ’n glansfoto van Lima se Twitter-rekening wat met 2,4 miljoen volgelinge spog, saam met die inskrywing gedeel.
Dodd, wat die Australiese nasionale span verteenwoordig het, het ook gewys op onlangse bespiegeling dat Fifa dit oorweeg om Saoedi-Arabië se toerismeraad as ’n amptelike borg vir die toernooi aan te wys.
“(Ek is) Eerlikwaar verbyster deur die bemarkingstrategie. Eers wil Fifa ’n LGBTQ-vriendelike gehoor stuur om Saoedi-Arabië te besoek. Nou teiken hulle wie presies?” vra sy.
Lima is Maandag in Parys op die Fifa-gala saam met Gianni Infantino, die liggaam se president, afgeneem en het op Twitter gesê haar nuwe rol beteken “die wêreld” vir haar.
Sy het ook aan haar 15,4 miljoen volgelinge op Instagram gesê dis vir haar ’n groot eer om deel van die Fifa-familie te wees.
“Ek is self ’n groot sokkeraanhanger, dus hoop ek om hierdie familie se skakel met die lewenslyn van hierdie pragtige sport, die aanhangers, tot nuwe vlakke te bevorder.”
Fifa het nie besonderhede verskaf van die projekte waarby Lima betrokke sal wees nie.
“Wanneer jy Adriana ontmoet, voel jy dadelik haar hartlikheid, minsaamheid en hoe toeganklik en geesdriftig sy oor ons sport is,” het Infantino Maandag in ’n verklaring gesê.
“Sy eet en leef sokker en dit is ook hoekom sy as ’n uitstekende skakel tussen Fifa en aanhangers wêreldwyd kan dien.”
Fifa het aangedui Lima is ’n “supermodel, aktrise en sakevrou”, maar geen besonderhede verskaf oor haar bande met die sport buiten dat sy ’n aanhanger is nie.
Infantino en Dodd het meer as ’n jaar lank saam in Fifa se uitvoerende komitee gedien nadat hy in 2016 verkies is.
Sy was in 2013 die eerste vrou wat die Asiatiese sokkerkonfederasie by Fifa verteenwoordig het en het bekend geword as ’n onafhanklike stem ten tyde van Sepp Blatter se presidentskap.
Dodd het vier jaar later haar veldtog om herkies te word teen ’n teenstander van Bangladesj verloor.
Haar jongste kritiek teen Fifa volg op ’n meningstuk wat sy ’n maand gelede vir ’n Australiese koerant geskryf het.
“Fifa se verwagting dat LGBTQ-spelers en -aanhangers Saoedi-Arabië sal besoek, is soos om hulle te stuur na ’n regsgebied waar hulle as misdadigers beskou word,” skryf sy.
Sy het ook gesê sy is “opgewonde oor die vooruitgang wat vrouesokker in die laaste jare daar (in Saoedi-Arabië) gemaak het”.
Die hangende “Visit Saudi”-borgskap het ook die sokkerfederasies van Australië en Nieu-Seeland oortuig om Fifa te versoek om nie die ooreenkoms te onderteken nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie