Woestynsand en petroldampe
Tydrenne
Verskeie hoog gerekende jaers dra by om die tydren 'n gesogte skouspel te maak.
Die M Z Motors Swakop-tydren is die sesde en laaste rondte van die Namibiese nasionale tydrenkampioenskap en word Vrydag en Saterdag in en om dié kusdorp deur Walvisbaai-motorklub aangebied.
Ná ’n hele paar verwikkelinge in beide die S-klas vir motors en die Off-Road Challenge-klasse (CR1 en CR2) wag ’n lekker vol veld met moontlik 21 inskrywings vir die kus se tydrenondersteuners, wat hul lippe kan aflek vir 12 spesiale sneldele oor 125 kilometer.
Peer Röhm, wat sedert die begin van 2022 met ’n 2x4-VW Polo in die S1-klas gejaag het, sou vir die laaste rondte met ’n Ford Escort MK2 in die S2-klas met Pieter Steyn as navigator ingeskryf het. Ongelukkig het ’n enjinprobleem Röhm laat onttrek.
Allan Martin en Maretha Olivier, gewese titelhouers in die Tara-tydren, is vir ’n slag terug in die S4-klas met Martin se haastige 4x4-Skoda R5 1.6T om vir Wilro Dippenaar en Carolyn Swan (Ford Fiesta R5) kompetisie te gee.
Drie welkome verskynings kan in die S4-klas deur Oswaldo Mendes en Cecil Koorts (Mitsubishi Evo), Issai Nhinda en Dian van der Merwe (Subaru Impreza) asook Willem Hugo en Amanda Hugo (Subaru Impraza) verwag word.
Kai en Katja Pretorius maak hul buiging in ’n Toyota Corolla (S1), terwyl Paul Oosthuizen en Johan du Plessis met ’n S1 VW Golf MK1 sal jaag. Die laaste verrassing is Koos en Jaco Coetzer, ook met ’n VW Golf MK2, vir lekker mededinging in S2.
OFF-ROAD-KLASSE
Rian Kritzinger het sy 2x4-Nissan Hardbody V8 (CR1) vir ’n 4x4-Ford Ranger V8 van 5 liter met ’n concential-ratkas verruil. Hy en navigator Ian Stander sal Vrydag in die CR2-klas wegspring met dié brullende Ranger om Loic Bathfield se V8 Century CR6 te jaag. Bathfield het die afgelope jaar min teenstand ondervind. Hoewel die manne in twee verskillende klasse jaag, kan Kritzinger met sy vernuf en kennis die bordjies verhang.
Die V8 Nissan wat steeds deur Kritzinger besit word, sal deur Chrizelda Engels en navigator Ruan de Lange in die CR1-klas geloods word.
Ongelukkig sal die broers Ewald en Hein Bisschoff nie in hul CR1 Hilux V8 by die kus in aksie wees nie. Die Bisschoffs sal in 2024 weer die CR1-klas op horings neem.
Die CR2 4x4-Polaris RZR van Johan Grobler en Riaan Hennop sal hul merk teen die welkome kompetisie van Dirk Redman en Frikkie Koegelenberg se Toyota Hilux in die CR2-klas maak.
Die tydren spring Vrydagnamiddag net ná sesuur by M Z Motors weg, met drie sneldele vir die dag. Die laaste sneldeel word Vrydagaand agtuur in die nywerheidsgebied gejaag.
Die kompetisie begin Saterdag teen 11:00 by M Z Motors en eindig om 16:00 met die laaste trajek by die GoKart-baan.
HOE WORD DIE KLASSE VERDEEL?
S1: 2x4-aandrywing tot 1 600cc.
S2: 2x4-aandrywing van 1 601 tot 2 000cc.
S3: 2x4- en 4x4-andrywing van 2 001 to 3 000cc.
S4: 4x4-aandrywing van 1 600cc Turbo-enjins tot 3 000cc.
Off Road Challenge Class
CR1: 2x4-aandrywing ongeag die enjinkapasiteit.
CR2: 4x4-aandrywing ongeag die enjinkapasiteit.
WIE GAAN JAAG?
S1-klas: Pieter Greeff/JP Robinson (Toyota Corolla), Kai en Katja Pretorius (Toyota Corolla), Paul Oosthuizen/Johan du Plessis (VW Golf MK1).
S2-klas: Zachary Martin/Anique Schoeman (VW Polo), Wido Bartch/Raymond Fourie (VW Polo), Koos en Jaco Coetzer (VW Golf MK1).
S4-klas: Allan Martin/Maretha Olivier (Skoda R5), Oswaldo Mendes/Cecil Koorts (Mitsubishi Evo), Issai Nhinda/Dian van der Merwe (Subaru Impreza), Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (Ford Fiesta R5), Willem en Amanda Hugo (Subaru Impreza).
CR1-klas: Chrizelda Engels/Ruan de Lange (V8 Nissan NP300), Loic Bathfield/Johan Steyn (V8 Century Racing CR6), Madeleine Koegelenberg/Tivian von Weidts (V6 Ford Courier), Willie en SJ Schoeman (Toyota Hilux GD6), Ekko Eisenberg/Rassie Rietz (V8 JAC), Morné Oosthuizen/Jacques Kruger (Zarco).
CR2-klas: Rian Kritzinger/Ian Stander (V8 Ford Ranger), Werner Bartsch/Christel Fourie (V6 Ford Courier), Johan Grobler/Riaan Hennop (Polaris RZR), Dirk Redman/Frikkie Koeglenberg (Toyota Hilux).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie