Wonderlike Warriors tem Kameroen se Leeus
Sokker
Die sterbelaaide Kameroen – ’n sokkernasie wat op papier nooit ’n wedstryd teen Namibië behoort te verloor nie – is in sak en as en moontlik op die punt om Rigobert Song as sy afrigter in die pad te steek.
Hierteenoor het die Brave Warriors met gister se oorwinning met 2-1 in die Dobsonville-stadion in Soweto ’n reusetree na kwalifisering vir die Afrika Nasiebeker gegee, wat in Januarie 2023 in Ivoorkus afskop.
Doele deur hul talismaniese kaptein Peter Shalulile in die 54ste minuu, gevolg deur ’n ewe dramatiese treffer met ’n vryskop in die 79ste minuut deur Absalom Iimbondi wat die doelwagter platvoet laat bly staan het, het die vreugdevure in Namibië aangesteek.
Vir Kameroen, wat reeds ná laas week se 1-1 uitslag teen Namibië in Yaounde vir afrigter Song begin grom het, het Vincent Aboubakar in die doodsnikke ’n troosdoel behaal, maar dit kon nie verhinder dat Collin Benjamin se manne ’n geskiedkundige eerste oorwinning teen Kameroen agter Namibië se naam kon skryf nie.
Die Namibiërs het opgeskuif tot boaan kwalifiserende groep C (5 punte), gevolg deur Kameroen (4) en Burundi (1). Min mense sou dit kon voorspel, nadat Kameroen by laas jaar se Wêreldbeker met Brasilië afgereken het.
Die oorblywende groepwedstryde is Namibië teen Burundi in Junie, asook Kameroen teen Burundi in September.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie