Wondersege teen Sri Lanka een van drie ICC-toekennings
Krieket
Die Internasionale Krieketraad (ICC) het Krieket Namibië (CN) met drie gesogte toekennings vereer in die jaarlikse kategorieë vir lande met ICC-assosiaatstatus.
CN en die land het onder meer erkenning as die ICC se voorste ontwikkelingsinisiatief van die jaar (die Ashburton Kwata ontwikkelingsprogram).
Die sensasionele oorwinning wat die Richelieu Eagles by die T20 Wêreldbeker in Australië teen Sri Lanka behaal het, is bekroon as die topprestasie deur enige manspan van ’n assosiaatkrieketlankd vir die jaar.
Die maatskaplike impak wat CN se Cricket 4 Good met sy #Pledge4Pink-veldtog behaal het, het ook die knoop deurgehaak.
CN se ontwikkelingsprogram het vir die tweede jaar agtereenvolgens die gesogte prys voor 108 assosiaatlande opgeraap.
Johan Muller, hoofbeamte van CN, het gesê: “Krediet moet aan Jona Ambuga as koördineerder van die program gaan. Ook die onderwysers, afrigters en vrywilligers wat verseker dat ons ’n deurlopende impak op die lewe van Namibiese kinders het.
“Ons het verlede jaar meer as 100 000 kinders aan krieket blootgestel. Dit beteken een uit elke vyf kinders in laerskole het toegang tot krieket gehad. Ons vennoot, Ashburton ondersteun deur die FNB-stigting, ondersteun die program al vir baie jare. Hul bydrae en deurlopende ondersteuning is die rede waarom ons krieket in al veertien streke van Namibië kan ontwikkel.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie