Wunderkind Shikongo knak Ierland

Krieket
Tielman Van Lill
Namibië het gister sy eerste amptelike opwarmwedstryd voor die T20 Wêreldbeker onder spreiligte op die Melbourne Cricket Ground (MCG) gewen, nadat Ben Shikongo in een boulbeurt binne vier balle drie Ierland-kolwers uitgehaal het.

Die Eagles (138/4 in 20) het Ierland (127 almal uit in 19.5) met elf lopies geklop.

Namibië het wankelrig begin toe Divan la Cock in die derde boulbeurt vir 2 lopies agter die paaltjies uitgevang is.

Hy en Michael van Lingen (26 van 31 b, 1x4, 1x6) het uit die staanspoor met Mark Adair, Josh Little en McCarthy se mediumspoed-aflewerings gesukkel. Die Iere het ’n goeie lyn en lengte gehandhaaf om die Eagles tot 57/2 ná die 10de te beperk. Adair het later die kluts kwyt geraak en 30 lopies in sy 4 bb afgestaan.

Met Nichol Loftie-Eaton (15 van 19) se vertrek het Gerhard Erasmus en Jan Frylinck (26 van 16 b, 3x4, 1x6, uitgehardloop) die lopietempo tot 8 per bb versnel. Veral Frylinck het die boulers Simi Singh, Little en Curtis Campher goed verwelkom.

In die laaste vyf het Erasmus (34* van 35 b, 3x4) en JJ Smit (18* van 12 b, 1x4, 1x6) die telbord teen 8.6 aan die rol gehou. Smit se bydrae en Erasmus se 24 in die laaste vyf het gewis die Eagles se telling meer respektabel gemaak.

Beide het een vangkans gebied wat die Iere laat val het. Erasmus het met die laaste aflewering weer een luglangs gestuur wat deur Adair gemis was.

Die groenes het 17 ekstras afgestaan (14 wydlopers, 2 loslopies, 1 bylopie). McCarthy (1/21 in 4 bb teen 5.25), Singh (1/16 in 2) en Gareth Delany (1/11 in 2) was suksesvol met die bal in die hand.

Die Iere se eerste 10 bb (65/1) het relatief goed afgeloop om naby die vereiste 6.9 per bb te kolf. Net Stephen Doheny (13 van 18 b, 1x6, gevang Tangeni Lungameni, geboul Ruben Trumpelmann) is in die sesde vir 44/1 laat stap.

Sake het egter vinnig vir Ierland begin skeefloop.

Paul Stirling (37 van 30 b, 5x4) is in die 11de deur Frylinck van sy eie boulwerk met briljante voetwerk uitgehardloop. Net daarna proe Harry Tector aan ’n Frylinck-aflewering en word deur Zane Green agter die paaltjie vir ’n nulletjie gevang, wat hulle skielik op 65/3 rem.

David Wiese vang nommer vyf George Dockrell (2 van 4 b) van Frylinck se aflewering in die 13de (78/4). Aan die einde van die 15de kort Ierland 39 lopies om te wen, maar in die 16de trek Ben Shikongo drie paaltjies plat toe hy binne 4 balle van Gareth Delany (8, 10 b, gevang Van Lingen), Curtis Campher (0, gevang David Wiese) en Adair (0, geboul) ontslae raak.

Met Ierland op 101/7 laat vang Wiese vir Lorcan Tucker (34 van 35 b, 3x4) deur Green (113/8) en Trumpelmann sit die verwoesting voort deur McCarthy deur Van Lingen te laat vang. Wiese het die laaste sê met Little (0) wat Van Lingen sy derde vangkans bied. Singh (11, 11b, 1x4) is nie uit nie.

Shikongo eindig met 3/11 in 2, Frylinck 2/13 in 4, Wiese met 2/16 in 3.5 en Trumpelmann (2/27 in 4).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!