Xavier druk Tristan hard
Bergfietsry
Die vrouewenner Anna-Mart Kruger was vol lof vir die organisering van die byeenkoms.
Die gedugte gewese Namibiese kampioen en Olimpiese ryer Tristan de Lange het Saterdag sy stempel afgedruk op die Hollard Gravel & Dirt-reeks se Ugab Terrace MTB Challenge naby Outjo.
De Lange, wat ’n paar maande gelede sy uittrede aangekondig het en nou meestal net vir die pret inskryf, kon dié keer egter nie die vasberade Xavier Papo behoorlik afskud nie.
Die twee het ná 75 kilometer in ’n naelresies vir die eindstreep saam-saam klaargemaak met dieselfde tyd wat aan hulle toegeken is (2 ure 53 minute 38 sekondes).
Derde en vierde oor die lyn was twee van die reeks se mees konstante uitblinkers, Ingram Cuff (veteraan) en Gerhard Mans junior (subveteraan), in onderskeidelik 3:01:33 en 3:06:25. Nog ’n veteraan, Fanie Steenkamp, was sesde in 3:13:56, dieselfde tyd as Nick du Plessis.
In die vroueresies het Anna-Mart Kruger, ’n veteraan, die 75 kilometer in 4 ure 26 minute 48 sekondes gewen. Sy was bykans drie minute voor Raquel Coimbra wat tweede was, met Anneke Steenkamp die derde veteraan in die algehele topdrie.
Kruger het agterna op sosiale media gesê dit was ’n wonderlike dag op ’n uitstekende roete wat ryers iets van alles gebied het.
“Die rit was hard, maar ek was mal oor die enkelspoorpaadjies. Lekker tgeniese klimme en afdraandes. Oor die eerste 40 km moes ek myself bymekaar hou, wat sommige mense weet mos nie hoe om ’n konserwatiewe eerste helfte te ry nie.
“Ek het drie keer verkeerde rigtings ingeslaan, maar wel terug op koers gekom. Gelukkig het Raquel my die laaste keer opgespoor, en toe ’n paar ander verdwaalde ryers.”
Kruger sê dit ws die moeite werd om Outjo toe te ry en sy beveel die deelname aan die Ugab Terrace-resies vir enigiemand aan. “Baie dankie aan al die borge en organiseerders vir ’n wonderlike byeenkoms.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie