Yasmeen Khan is een van die Capricorn Eagles se belangrike en ervare ­kolwers. Foto argief­

Yasmeen bly oor uitnodiging

Krieket
Die Capricorn Eagles vrouespan se onderkaptein Yasmeen Khan is opgewonde oor haar insluiting as ’n genooide speler vir die komende Fairbreak uitnodigingstoernooi in Dubai, wat gister in ’n twiet deur Krieket Namibië bevestig is.

Khan, wat verlede maand 23 jaar oud geword het en reeds sedert 2018 vir die nasionale vrouespan speel, is ’n oudskolier van Windhoek Affies wat regshandig kolf en regterarm mediumballe afstuur en ook as paaltjiewagter kan diens doen.

Sy het gister gesê: “Die FairBreak uitnodigingstoernooi is ’n toernooi wat geslagsgelykheid bevorder. Die toernooi in Dubai, in samewerking met Krieket Hongkong, sal die eerste van sy soort in die wêreld wees. Daar sal ’n totaal van ses spanne wees en 19 wedstryde binne 15 dae tussen 1 en 15 Mei. Internasionale spelers van oor die wêreld heen sal daarin deelneem, wat van die heel bestes insluit.

“Hierdie is ’n massiewe geleentheid vir my en om Namibië se vlag hoog te gaan hou. Dis ’n groot deurbraak vir vrouekrieket in die land. Ek sien verskriklik uit om saam met en teen van die beste spelers ter wêreld te speel.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!