Zambië klop hardnekkige Gladiators

Vrouesokker
Die voorspeler Barbra Banda het beide doele aangeteken toe Zambië vanmiddag in die Nelson Mandelabaai-stadion in hul 2022 Hollywoodbets Cosafa-vrouekampioenskap groep B ’n swaarverdiende oorwinning met 2-0 oor Namibië behaal het.

Banda is terug in die Copper Queens se groep en het al haar kliniese afrondingsvermoë gewys met twee doele en ’n algemene sterk vertoning.

Die Zambiërs kon beslis nie maak soos hulle wou nie, maar het die toernooi op ’n wennoot begin aangesien hulle poog om die streekskroon vir die eerste keer in hul geskiedenis te wen.

Die Brave Gladiators, onder kapteinskap van Emma Naris, se volgende groepwedstryd is Sondag om 12:00 teen Eswatini.

• Vroeër het Boitumelo Rabale ’n driekuns behaal toe Lesotho met ’n 3-0 oorwinning in hul groep se openingswedstryd verby Eswatini gevorder het om hul potensiaal te onderstreep.

Die ster van Mamelodi Sundowns was puik toe sy haar eerste doel met ’n vryskop behaal het, die tweede van naby af ingeklits het en toe ’n netjiese stukkie afronding gelewer het om haar driekuns te voltooi.

Dit was Lesotho se eerste oorwinning in die kompetisie in vyf wedstryde, sedert hulle Namibië in 2017 met 2-1 geklop het.

• Die verdedigende kampioen Tanzanië sal hul veldtog begin wanneer hulle Vrydag in die Madibaz-stadion die Comore in groep C die stryd aansê.

Die Twiga Stars het Malawi in die laaste eindstryd verslaan en is terug om hul kroon te verdedig, nadat hulle die eerste genooide nasie van buite die Cosafa-streek geword het om dié gesogte trofee te wen.

Die Comore hoop om hul verbetering te wys, maar het ’n moeilike begin in hul derde verskyning by die toernooi, ná groepfase-uitskakelings in 2019 en 2020.

Die Malawiërs sal hoop om vanjaar silwer in goud te verander en hul kampioenskap te begin met ’n taai botsing teen Botswana (15h30 CAT) by dieselfde plek.

Dis ’n stryd tussen swaargewigte wat vir albei kante deurslaggewend sal wees in hul strewe om die volgende fase te bereik, aangesien slegs die topspan in elke poel en die bes geplaaste naaswenner vir die halfeindronde kwalifiseer.

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!