Zas, Fourie terug vir die Stormers
Rugby
Leolin Zas en Deon Fourie maak hul terugkeer in die Stormers se beginspan vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen die Bulle in die DHL-stadion in Kaapstad.
Zas vervang vir Seabelo Senatla, wat harsingskudding opgedoen het in die Stormers se laaste ligawedstryd teen Benetton in Stellenbosch.
Fourie vervang vir Willie Engelbrecht as nr. 6-flank om die Stormers ’n spesialis-baljagter te gee.
Damian Willemse skuif op sy beurt van binnesenter heelagter toe met Ruhan Nel wat terugkeer na die middelveld. Op skrumskakel vervang die Springbok Herschel Jantjies vir Paul de Wet.
In die voorry is twee veranderinge – Joseph Dweba vir JJ Kotze op haker en Frans Malherbe vir Neethling Fouché as vaskopstut.
• Stormers: Damian Willemse, Angelo Davids, Ruhan Nel, Dan du Plessis, Leolin Zas, Manie Libbok, Herschel Jantjies, Evan Roos, Hacjivah Dayimani, Deon Fourie, Marvin Orie, Ruben van Heerden, Frans Malherbe, Joseph Dweba, Steven Kitshoff (k).
Reserwes: JJ Kotze, Ali Vermaak, Neethling Fouché, Gary Porter, Ben-Jason Dixon, Willie Engelbrecht, Paul de Wet, Sacha Feinberg-Mngomezulu.
• Luidens ’n verklaring deur die Westelike Provinsie Rugbyunie is bykans 40 000 kaartjies teen Vrydagoggend vir dié kragmeting verkoop. Die kwarteindstryd skop om 15:30 af en sal regstreeks op SS 201 en SS 211 uitgesaai word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie