Zas se besering laat Sergeal in finaal speel

Rugby
Stephen Nell
Sergeal Petersen se insluiting op vleuel in die plek van die beseerde Leolin Zas is die enigste verandering aan die Stormers se beginspan vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen die Bulle in Kaapstad se DHL-stadion.

Zas is in die eerste helfte van verlede naweek se halfeindstryd teen Ulster beseer.

Die enigste ander verandering aan die 23-tal is Junior Pokomela se insluiting in die plek van Adré Smith op die plaasvervangersbank. Smith het ’n rooi kaart gekry teen Ulster en die tugproses is nog aan die gang.

Deon Fourie, wat as oopkantflank sal opdraf, speel op 35-jarige ouderdom in sy 100ste wedstryd vir die Stormers.

• Stormers: Warrick Gelant, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian Willemse, Seabelo Senatla, Manie Libbok, Herschel Jantjies, Evan Roos, Hacjivah Dayimani, Deon Fourie, Marvin Orie, Salmaan Moerat, Frans Malherbe, JJ Kotze, Steven Kitshoff (k).

Reserwes: André-Hugo Venter, Brok Harris, Neethling Fouché, Ernst van Rhyn, Junior Pokomela, Nama Xaba, Godlen Masimla, Sacha Mngomezulu. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!