Zim se Chevrons hier vir reeks van vyf
Krieket
Die eerste skote in die opwindende Castle Lite T20-reeks van vyf internasionale wedstryde tussen die Richelieu Eagles en die Chevrons van Zimbabwe begin klap môre by Wanderersveld in Pionierspark.
As ’n toetsspelende span het die Chevrons ’n appeltjie te skil met die Namibiërs, wat met hul laaste ontmoeting in Zimbabwe die T20-reeks op geskiedkundige wyse met drie seges teen twee in Bulawayo beklink het.
Beide lande speel vir hul eer en ter voorbereiding van die kwalifiserende Afrika T20 Wêreldbekertoernooi wat aanstaande maand in Windhoek voorlê.
Die Eagles het wel “tuisveldvoordeel” by Wanderers en later by United in Olympia. Maar gaan die omgekrapte Chevrons opnuut vir ’n pak slae te vinde wees?
Zimbabwe was onlangs nog stert in die lug en as tuisspan op ’n missie in die laaste kwalifiserende ronde vir die 2023 Eendagwêreldbeker wat tans in Indië aan die gang is. Die Chevrons het puik gevaar voor hulle skielik stoom verloor het. Sri Lanka en Nederland het toe die finaal gehaal en beide vir die eindtoernooi gekwalifiseer.
Die eerste bal van twee internasionale T20-kragmetings word môremiddag by Wanderers afgestuur, waarna United vir die laaste drie aan die beurt kom. Die laaste ontmoeting tussen die twee lande is volgende Maandag by United.
Die sterkste moontlike Eagles-span is gekies, maar die linkerarmnaatbouler Ruben Trumpelmann en veelsydige mokerman David Wiese is ongelukkig nie vir Namibië beskikbaar nie.
Tangeni Lungameni is weer gereed ná ’n lang besering en is op dreef met sy boulwerk, terwyl Nicol Loftie-Eaton ná ’n seisoen van klubkrieket in Engeland sal wil voortbou waar hy laas opgehou het.
JP Kotzé se terugkeer is ’n verrassing nadat hy om werk- en familieredes uit internasionale krieket getree het. Die 29-jarige het onlangs in klubkrieket fikser as gewoonlik gelyk en hy kan die Eagles se kolfkrag versterk.
Die keuse van Handré Klazinga word verwelkom en die reusetalent as naatbouler en kolwer kan nog baie ontwikkel.
Afrigter Pierre de Bruyn het hierdie keer op geen van die nasionale o.19’s, soos Alexander Volschenk of Junior Kariata, se knoppie gedruk om hulle speelkans voor die naderende junior Wêreldbeker te gee nie.
Die Eagles pak die Chevrons met drie draaiboulers en ses naatboulers wat regter- of linkerarm die bal kan afstuur. Dit gee Namibië goeie afwisseling om die Chevrons aan die raai te hou.
Die Richelieu Eagles is Gerhard Erasmus (kaptein), JJ Smit (onderkaptein), Niko Davin, Zane Green (paaltjiewagter), Michael van Lingen, Jan Frylinck, Ben Shikongo, Nicol Loftie-Eaton, Shaun Fouché, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni, JP Kotzé, Karl Birkenstock, Handré Klazinga, Malan Kruger.
DIE PROGRAM
Dinsdag 24 Oktober, 14:00 by Wanderers.
Woendag 25 Oktober, 14:00 @ Wanderers.
Vrydag 27 Oktober, 14:00 @ United.
Sondag 29 Oktober, 11:00 @ United.
Maandag 30 Oktober, 14:00 @ United.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie