Zim straf o.18’s toe hulle ontspan
Skolerugby
Andrew Poolman
Die slaggat om die opponente te onderskat en om nie die hele wedstryd voluit te speel nie, het die Namibiese o.18-rugbyspan ’n bloedneus in sy laaste wedstryd by die SA o.18 Akademieweek op Wellington besorg.
Die Namibiese span het in sy gebruiklike “toets” teen Zimbabwe sy talente in die steek gelaat deur rustyd met 12-0 en kort daarna met 19-0 voor te loop, maar nietemin die kragmeting met 19-20 te verloor.
Wat die uitslag tot ’n mate meer teleurstellend maak, is dat Namibië se senior manne die vorige aand hul kwalifiserende Wêreldbeker-wedstryd in Frankryk teen Zimbabwe met 34-19 oorheers het.
In April vanjaar het die Namibiese o.20-span ook met 14-19 teen Zimbabwe in die eindstryd van die Rugby Afrika Barthes-toernooi die onderspit gedelf en het ’n spul foute begaan – heel moontlik omdat hulle die opposisie nie ewe ernstig opgeneem het as die semifinaal, toe hulle die tuisspan Kenia uitgeskakel het nie.
Donderdagoggend in Wellington het die vleuel Heinrich Januarie (Dr. Lemmer) en flank Marco Meyer (Elnatan) se drieë die Namibiese o.18’s rustyd met 12-0 voor geplaas.
Die bonkige haker Edward Drotsky (Dr. Lemmer) het vyf minute ná die hervatting van agter ’n dryfmaalbeweging weggebars, een opponent met ’n aftrap geklop en ondanks die volgende duikvatter die doellyn gehaal. Drotsky het tevore ook Meyer se drie gemaak met ’n vinnige tikskop naby die doellyn.
Die tweede suksesvolle doelskop deur Ashton van Wyk (M&K Gertze) was egter Namibië se laaste punte.
Die jong Zimbabwiërs is uiteindelik beloon vir hul ondernemende volharding om wel die uitslag te beklink – ondanks die string ongedwonge aanslane en vorentoe aangeë wat in die eerste helfte soveel van hul belowende opbouwerk in die voet geskiet het. Hul spel ná rustyd het veel meer geduld en akkuraatheid ten toon gestel, om die Namibiese verdediging van die een kant na die ander te beproef totdat hulle die deurbraak kon bewerkstellig.
Die Namibiërs keer dus net met een oorwinning terug (61-14 teen Grens Platteland), terwyl die Boland die volgende dag net-net daarin geslaag het om sy neus voor te hou (24-25) en toe ook die laaste drie gedruk het om met 32-24 te wen.
Die driedrukkers teen Boland was agtsteman André Brand (Moria), senter Theunis van Wyk (Windhoek Affies) en senter Suramie Kambombo (Windhoek Gim), terwyl Ashton van Wyk met drie doelskoppe en ’n strafdoel getref het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie