Zimbabwe ry die golf in WB-wedloop

Krieket
Tielman Van Lill
Gaan Wes-Indië die supersesronde in Zimbabwe oorleef, wat vandag begin, of uitgeskakel word in die wedloop na die 2023 Wêreldbeker-eendagtoernooi in Indië?

Alles is op die spel vir die ses oorblywende lande, met slegs twee beskikbare plekke na Indië. Veral die Windies is onder druk nadat hulle punteloos en naelskraap die supersesronde kon haal.

Sri Lanka se Leeus (netto lopietempo 3.047) en Zimbabwe (netto 2.241) begin die superronde onderskeidelik in die eerste en tweede plek, nadat hulle al vier groepwedstryde gewen het.

Derde in die superronde is Skotland (netto 0.540) en vierde Nederland (netto 0.669), met drie seges elk.

Nederland het wel sy groepwedstryd teen die Windies met ’n finale superboulbeurt (6 balle) gewen nadat die hoogs dramatiese wedstryd op 374 lopies elk gelykop geëindig het. ’n Nuwe wêreldrekord is in die proses opgestel en verbeter die vorige hoogste totaal (340, tussen Engeland en Nieu-Seeland in 2008).

Die Windies (netto 0.525) is onder geweldige druk, want hulle kon slegs die derde posisie in groep A met twee seges behaal. Oman is sesde geplaas (derde groep B, netto -1.221) en sal waarskynlik nie die paal in die Superronde haal nie.

Die Windies spring in die vyfde posisie weg en sal net met vier oorwinnings vir ’n verrassing kan sorg.

Anders as tevore, het spanne punte in groepronde verdien wat na die superronde oorgedra is.

Sri Lanka begin met 4 punte en ’n netto lopietempo van 2.69. Die res van die superses is Zimbabwe 4 (0.98), Skotland 2 (-0.06), Nederland 2 (-0.73), Windies 0 (-0.35) en Oman 0 (-3.04).

Die vier nasies wat nie die pyp kon rook nie en wat uitgeskakel is, is Nepal en die VSA (groep A) asook Ierland en Nepal (groep B).

Geen semifinale word gespeel nie en die eindstryd tussen die toptwee spanne word op Sondag 9 Julie beslis.

STATISTIEK NÁ GROEPRONDE

Topvyf meeste sesse: Nicolas Pooran (Wes-Indië) 15, Sikandar Raza (Zimbabwe) 12. Sean Williams (Zimbabwe) 9, Paul Stirling (Ier) 8, Michael Leask (Skotland) 7.

Topvyf meeste viere: Sean Williams 46, Craig Ervine (Zimbabwe) 31, Max O’Dowd (Nederland) 26, Frank Karunaratne (Sri Lanka), Nicolas Pooran, Pathum Nissanka 24, Shai Hope (WI) 22.

Topvyf meeste grenshoue: Sean Williams 55, Nicolas Pooran 39, Craig Ervine 32, Max O’Dowd 31, Sikandar Raza 29.

Topvyf meeste lopies: Sean Williams 390 (4 kolfbeurte), Nicolas Pooran 296 (4), Hope 263 (4), Raza 218 (3), O’Dowd 211 (4).

Topvyf hoogste tellings: Sean Williams 174, Stirling 162, Brandon McMullen (Skot) 136, Shai Hope 132, Richie Berrington (Skotland) 127.

Meeste paaltjies: Wanindu Hasaranga (SL) 18 (gemiddeld 8.77 in 4 wedstryde), Richard Ngarava (Zim) 10 (13.3 in 4), Chris Greaves (Skotland) 10 (14.8 in 4).

Hoogste kolftotale in 50 boulbeurte: Zimbabwe 408/6 teen VSA, Windies 374/6 tn Nederland 374/9, Sri Lanka 355/6 tn Emirate, Ierland 349/4 tn Emirate en Windies 339/7 tn Nepal.

Laagste kolftotale in 50 boulbeurte: Ierland 281/7 tn Oman, VSA 258/7 tn Windies, Oman 244/9 tn Skotland, Emirate 227/8 tn Oman; VSA 211/8 tn Nederland.

Grenshoue per span: Vreemd genoeg het die Windies met 147 (109x4 en 38x6) die tweede meeste grenshoue aangeteken ná Zimbabwe 158 (127x4 & 31x6). Derde was Ierland 126 (100x4 & 26x6), wat nogtans uitgeskakel is.

• Vandag: Superses-wedstryd in Bulawayo, Zimbabwe teen Oman (vanaf 09:00).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!