Zimbabwe se begraafplaas?

Krieket
Die Afrika T20-toernooi in Windhoek het gister opnuut 'n reuseverrassing opgelewer.
Tielman Van Lill
Zimbabwe se skouspelagtige inploffing die afgelope dae in Windhoek laat dié eens trotse krieketnasie op die randjie van ’n hoogs vernederende uitskakeling in die ICC T20 Wêreldbeker-wedloop vir volgende jaar.

Uganda (138 vir 5 in 19.1 boulbeurte) se historiese skoksege met vyf paaltjies oor Zimbabwe (136/7 in 20) by die Unitedveld gisteroggend kon op geen beter tyd vir die Kraanvoëls gekom het nie.

Dit was Uganda se eerste sege oor ’n toetsspelende land, wat hulle ongekende moed vir hul oorblywende drie wedstryde behoort te gee.

Beide Uganda en die Chevrons het nou twee wedstryde verloor en sal elkeen van hul drie oorblywende T20’s moet wen. Twee nasies in die Windhoek-Toernooi dring tot die Wêreldbeker deur.

Uganda het die loot gewen en gekies om eerste te boul, wat vrugte afgewerp het om Zimbabwe tot 136 lopies te beperk.

Alpes Ramjani (3 paaltjies vir 14 in 4 boulbeurte), Henry Ssenyondo (2/25 in 3) en Riazat Ali Shah (1/29 in 3) was dodelik akkuraat en ekonomies. Saam met doelgerigte energieke veldwerk het die Cranes Zimbabwe se lopiekraan toegedraai.

Die Kraanvoëls het drie vangkanse benut en met puik veldwerk gesorg dat Tadiwanashe Marumani op twee vir ’n nulletjie uitgehardloop is.

Die Zimbabwe-kaptein, Sikandar Raza (48 van 39 balle, 2x4, 4x6), het verbete vasgeskop en was die enigste kolwer wat die boulaanval kon aanvat.

Hoewel Uganda sy eerste drie kolwers vir 32 lopies verloor het, het Alpesh Ramjani (40 van 26 b, 4x4, 2x6) en Riazat Ali Shah (42 van 28 b, 5x4, 1x6) die bul by die horings gepak om die wa deur die drif te sleep. Ali Shah is as speler van die wedstryd aangewys.

Vir Zimbabwe het Richard Ngarava (2/24 in 4) en Sean Williams (1/14 in 2) paaltjies geneem.

’n Ooglopend teleurgestelde Raza het ná die wedstryd gesê: “Ons bly maak dieselfde foute oor en oor. Ons gebrek aan energie en dissipline in die veld het ons die wedstryd gekos.

“Ons boulwerk was nie op standaard nie en die vangkanse wat nie benut is nie, het alles tot ons ondergang bygedra.

“Baie geluk aan Uganda, hulle het vandag uitstekend gespeel en verdien om ons te klop. Ons sal hard en eerlik met mekaar moet praat om die oorblywende drie wedstryde (teen Rwanda, Nigerië en Kenia) te wen.”

Brian Masaba, kaptein van Uganda, het gesê: “Dis werklik ’n reusesege vir ons, maar die spelers sal hul voete op die grond moet hou. Ons het geglo ons kan Zimbabwe klop e d it het gebeur. Dit het gewys met ons veldwerk en hoe die boulers die paaltjies aangeval het.

“Die span glo ons kan die res van ons oorblywende wedstryde wen om vir die T20 Wêreldbeker te kwalifiseer.

“Craig Williams (gewese Namibiese veelsydige speler vir 14 jaar en nou hul hoëprestasie-konsultant) se insette het ons ongelooflik baie gehelp. Ons wil die wêreld wys dat Uganda op die wêreldverhoog hoort.”

EAGLES IN BEHEER

Met dominerende vertonings sover en ’n genadelose ingesteldheid sedert hul triomf op dag een teen Zimbabwe, is die Richelieu Eagles onoorwonne en in beheer van hul lot om vir die derde opeenvolgende keer vir die T20 Wêreldbeker te kwalifiseer.

In hul oorwinning Saterdag teen Rwanda het die Namibiërs die 200-kerf verbygesteek en uiteindelik die reënbelemmerde wedstryd met 68 lopies (DLS-metode) gewen. Wedstrydverslag binne in Sport Wrap.

Namibië (116/4 in 17 bb) het Vrydag vir Uganda (114 almal uit) by six wickets, with 18 balle oor.

Michael van Lingen (23 van 17 balle) en Niko Davin (23 van 22) elkeen vangkanse gebied voor hulle uiteindelik uitgehaal is, terwyl JP Kotze (0) met die eerste bal uit is.

Jan Frylinck (30 van 29) en Gerhard Erasmus (35 nie uit nie van 30) het die gasheerspan veilig oor die lyn gekry.

David Wiese (4/17 in 3.4 bb) is as speler van die wedstryd aangewys.

• Die Namibiërs speel vanmiddag by United teen Kenia. Hul kaptein, Gerhard Erasmus, sal dan die eerste Namibiese speler word wat in 50 internasionale T20-wedstryde betrokke is.

KOMENDE WEDSTRYDE

Vandag by United: Uganda tn Nigerië (09:30); Namibië tn Kenia (14:30).

Vandag by Wanderers: Rwanda tn Zimbabwe (09:30).

Môre by Wanderers: Nigerië tn Namibië (09:30); Uganda tn Kenia (14:30).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!