Die einde van die kortbad-swemseisoen bereik hierdie naweek sy hoogtepunt met die nasionale ope kampioenskap op Swakopmund. Foto Tielman van Lill
Die einde van die kortbad-swemseisoen bereik hierdie naweek sy hoogtepunt met die nasionale ope kampioenskap op Swakopmund. Foto Tielman van Lill

Alle paaie lei na die kus vir kortpadswemmers

Swem
Swemmers gaan oor 'n tydperk van vier dae ongeveer 2 419 keer in die water duik om te bepaal wie Namibië se beste kortbadkampioene is.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Watersportfederasie (Nasfed) se jaarlikse Bank Windhoek nasionale ope kortbadswemkampioenskap (lengte 25 meter) begin vandag vanaf 14:00 by die Cube-swembad in Swakopmund en duur tot Sondag.

Die ouderdomsgroepe vir juniors is agt jaar en jonger, nege tot tien jaar, elf tot twaalf en 13 tot 14. Die seniors is van 15 tot 16 jaar, 17 tot 18 asook 19 jaar en ouer. Swemmers kwalifiseer as meesters wanneer hulle 25 of ouer is.

Die individuele items is borsslag, rugslag, vlinderslag, vryslag en wisselslag. Die afstande wissel van 50, 100, 200, 400, 800 en 1 500 meter.

Die volgende items vereis kwalifiserende tye om in te skryf:

1 500-vryslag: meisies (22 minute 36.73 sekondes), seuns (21:05.07).

800-vryslag: meisies (11:53.17), seuns (11:02.38).

400-vryslag: meisies (5:45.51), seuns (5:17.05).

400-individuele wisselslag: meisies (6:26.80), seuns (5:50.76).

200-vlinderslag: meisies (2:58.67), seuns (2:39.61).

Swemmers verdien punte vir posisies behaal. Eerste plek elf punte, tweede plek nege, derde plek sewe, vierde plek vyf, vyfde plek vier, sesde plek drie, sewende plek twee en agtste plek een punt.

Deur ‘n Namibiese of Nasfed-rekord te oortref, sal 25 ekstra punte aan ‘n swemmer vir junior en senior victor en victrix ludorums toegeken word.

Senior victor en victrix ludorum-punte word bereken op grond van die som van die hoogste swempunte behaal in die beste ses individuele standaarditems geswem. Dit is ongeag die ouderdom van die swemmer. Junior swemmers kom ook in aanmerking om ‘n senior ludorum te wen.

Die topdrie posisies in elke ouderdomsgroep sal medaljes ontvang.

Die amptelike opening van die kompetisie is Saterdagoggend agtuur by die Cube-swembad.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A