Anri en Alex is dubbele kampioene

Fietsry
Tielman Van Lill
Die Namibiese Fietsryfederasie se nasionale padfietskampioenskap, opnuut geborg deur Nedbank, het Vrydagnamiddag by die C28-pad wes van die hoofstad afgeskop.

Anri Greeff en Alex Miller het Vrydag onderskeidelik die individuele tydtoets vir elite vroue en mans ingepalm.

Die tydtoetsroete het vanjaar aansienlik moeiliker klimme bevat as vorige jare toe dié kompetisie op ‘n heelwat meer gelyke roete aangebied was. Die afwesigheid van Vera Looser en Drikus Coetzee weens buitelandse verpligtinge was ook ‘n noemenswaardige faktor in die resiese.

Greeff het die 19.5 kilometer in 35 minute 35 sekondes afgelê, met Louise Breed tweede in 38:24. Jean-Marie Mostert was derde in 39:00.

Miller het (59:09) het Martin Freyer (1 uur 2 minute 49) sekondes en Danzel de Koe (1:08:39) oor 39 km vir die tydtoetstitel geklop.

In die onder 23-afdeling het Monique du Plessis (38:34) in die vroueresies (19.5 km) geseëvier, terwyl Justus Beulker die mansresies (39 km) met 1:06:13 oorheers het.

In die junior afdelings (o.18) het Delsia Janse van Vuuren die 19.5 km in 38:49 gewen, terwyl Roger Surén met 30:30 die manstitel gewen het.



Padresies

Miller en Greeff het Sondagoggend geen steen onaangeroer gelaat om te wys hulle is ook die beste in die padresies nie.

Op ‘n roete vol uitdagende klimme het Anri vir Louise Breed (3:37:24) en Jean-Marie Mostert (3:37:27) met etlike minute uitgestof, terwyl die duo vir die tweede posisie geveg het.

Alex se aanslag in die elite mansresies het hom bykans tien minute voor Martin Freyer oor die eindstreep sien ry, terwyl Brandon Plaatjies derde geëindig het.

In die onder 23-afdeling het Justus Beulker en Monique du Plessis hul mededingers vir die nasionale titels totaal en al oorskadu.



Individuele tydtoetsuitslae

Elite vroue: 1 Anri Greeff (35:35), 2 Louise Breed (38:24), 3 Jean-Marie Mostert (39:00).

Elite mans: 1 Alex Miller (59:09), 2 Martin Feyer (1:02:49), 3 Danzel de Koe (1:08:39).

o.23-vroue: 1 Monique du Plessis (38:34), 2 Eden Spangenberg (41:03).

o.23-mans: 1 Justus Beulker (1:06:13), 2 Adrian Key (1:07:37), 3 Petrus Hanga (1:12:32).

Junior vroue (o.18): 1 Delsia Janse van Vuuren (38:49), 3 Rosemarie Thiel (39:09), 3 Maja Brinkmann (40:58).

Junior mans: 1 Roger Surén (30:30), 2 Marco Thiel (32:16), 3 Nathan Chase (32:17).

19.5 km-tydtoetse

Subveteraanvroue: 1 Jackie Shipena (42:45), Marcelle Eloff (44:00), 3 Michelle Steenkamp (50:27).

Subveteraanmans: 1 Gino Chiappini (35:04), 2 Jaco Snyman (35:47), 3 Ananias Ananias (35:51).

Veteraanvroue: 1 Marissa Mouton (41:02), 2 Anna-Mart Kruger (45:23).

Veteraanmans: 1 Ingram Cuff (31:52), Murray Koch (34:21), 3 Jacques Celliers (35:38).

Meestersvroue: 1 Zoë Mitchell (42:50), 2 Elanor Grassow (43:42).

Meestersmans: 1 Clinton Hilfiker (35:10), 2 Nick du Plessis (37:12), 3 Max Schafer (41:16).

Grootmeestersvroue: 1 Karin Brockmann (50:26), 2 Carolin Janik (54:23), 3 Charmaine Lowings (54:34).

Grootmeestersmans: 1 Stefan Bohlke (38:18), 2 Paddy Murphy (40:59), 3 Glenn Howard (43:41).

o.16-meisies: 1 Nicole Surén (44:31), 2 Joadri de Beer (48:12).

o.16-seuns: 1 Theodor Janse van Vuuren (33:38), 2 Julius Braun (34:46), 3 Mike Baartman (36:05).

o.14-seuns: 1 Micah Chase (38:11), 2 JP Lambert (42:16), 3 Christo Nell (43:25).

13.7 km-tydtoetse

o.14-meisies (13.7 km): 1 Qara Volschenk (30:40), 2 Emma Brinkmann (33:32).

o.12-meisies: 1 Linn Lambert (35:16), 2 Mienke de Beer (36:42), 3 Kiana Brand (37:41).

o.12-seuns: 1 Sion Liebenberg (28:37).

o.10-seuns: 1 Neil Liebenberg (35:36).



Padresies, nasionale kampioenskap

Elite vroue (106.6 km): 1 1 Anri Greeff (3:14:07), 2 Louise Breed (3:37:24), 3 Jean-Marie Mostert (3:37:27).

Elite mans (160 km): 1 Alex Miller (4:04:45), 2 Martin Freyer (4:14:24), 3 Brandon Plaatjes (4:33:04).

o.23-vroue (106.6 km): 1 Monique du Plessis (3:37:25), Eden Spangenberg (4:07:41).

o.23-mans (160 km): 1 Justus Beulker (4:24:21), 2 Adrian Key (4:39:19), 3 Jaques Hanekom (4:39:46).

Junior vroue (79.5 km): 1 Rosemarie Thiel (2:41:18), 2 Delsia Janse van Vuuren (2:41:20), 3 Maja Brinkmann (2:41:37).

Junior mans (106.6 km): 1 Sean Lowe (3:11:10), 2 Marco Thiel (3:11:46), 3 Roger Surén (3:11:47).

Subveteraanvroue (79.5 km): 1 Lelani Swart (2:33:12), 2 Monique Schmid (2:46:05), 3 Marcelle Eloff (3:03:11).

Subveteraanmans (106.6 km): 1 Ananias Ananias (3:10:33), 2 Hardus Nel (3:11:28), 3 Jafet Amukushu (3:18:20).

Veteraanvroue (79.5 km): 1 Melissa Hinz (2:31:37), 2 Marissa Mouton (2:35:38), 3 Anna-Mart Kruger (2:43:34).

Veteraanmans (106.6 km): 1 Murray Koch (3:06:41), 2 Ingram Cuff (3:10:53), 3 Vernon Maresch (3:12:33).

Meestersvroue (41 km): 1 Zoë Mitchell (1:26:31), 2 Elanor Grassow (1:26:34).

Meestersmans (79.5 km): 1 Clinton Hilfiker (2:25:43), 2 Joris Harteveld (2:26:42), 3 George Thiele (2:26:43).

Grootmeestersvroue (28 km): 1 Karin Brockmann (1:06:15), 2 Charmaine Lowings (1:10:31), 3 Carolin Janik (1:13:19).

Grootmeestersmans (41 km): 1 Stefan Bohlke (1:18:53), 2 Glenn Howard (1:25:57), 3 Paddy Murphy (1:27:37).

o.16-meisies (41 km): 1 Nicole Surén (1:32:02), 2 Joadri de Beer (1:35:32).

o.16-seuns (79.5 km): 1 Julius Braun (2:24:52), 2 Mike Baartman (2:25:17), 3 Daniël Hennes (2:27:57).

o.14-meisies (28 km): 1 Qara Volschenk (1:05:09).

o.14-seuns (41 km): 1 Micah Chase (1:18:52), 2 JP Lambert (1:28:57), 3 Hendrik Baartman (1:33:15).

o.12-meisies (13.7 km): 1 Linn Lambert (32:23), 2 Kiana Brand (35:05), 3 Mienke de Beer (35:36).

o.12-seuns (28 km): 1 Sion Liebenberg (57:14).

o.10-seuns (13.7 km): 1 Neil Liebenberg (34:18).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 22° | 32° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 17° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:31, High tide: 02:32, Low Tide: 20:47, High tide: 14:45 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:30, Low Tide: 20:45, High tide: 14:43 Walvis Bay: 17° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:29, High tide: 02:29, Low Tide: 20:45, High tide: 14:42 Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 26° | 37° Keetmanshoop: 26° | 37° Aranos: 25° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 24° | 38° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 28° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 17° | 20° Maseru: 15° | 25° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 23° | 28° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 20° | 21° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 24° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!