Asante-Sana “ATMante-Sana” Maruwasa by die onlangse Cyber 9/12 Challenge in Kaapstad. Foto Linkedin
Asante-Sana “ATMante-Sana” Maruwasa by die onlangse Cyber 9/12 Challenge in Kaapstad. Foto Linkedin

Asante-Sana takel res van Suider-Afrika

E-sport
Asante-Sana Maruwasa van Namibië sal van 30 November tot 1 Desember die vrouekampioene van Eswatini, Kenia, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Suid-Afrika en Zambië by die Mzansi E-sportkampioenskap by die rAge Expo in Johannesburg pak.

Afrika se beste vroulike e-sportspelers sal in die kollig wees wanneer hulle by die 2024 Mzansi E-sportkampioenskap die vonke laat spat.

Die Mzansi E-sportkampioenskap, georganiseer deur Services for Africa Gaming & Esports (Sages), is 'n hoogtepunt van die Tekken Africa Queens Challenge. Die baanbrekende inisiatief word deur die Franse ministerie vir Europa en buitelandse sake asook die Franse Instituut vir Suidelike Afrika (IFAS) ondersteun.

Die geleentheid het ten doel om vrouetalent in e-sport op te hef en om inklusiwiteit en bemagtiging in e-sport te bevorder.

Vanjaar se kampioenskap sal agt spelers hê wat hul lande verteenwoordig in die stryd om die altesame US$2 500 (sowat N$45 300) in prysgeld, waarvan die kampioen met US$1 000 (ongeveer N$18 140) sal wegstap.



Bemagtiging deur entrepreneurskap

Die Mzansi E-sportkampioenskap sal die kontinent se voorste vroue-e-sporttalent uit agt lande van suidelike Afrika ten toon stel. Die doel is ook om vroulike entrepreneurskap in e-sport te bevorder.

Die spelers is Setsabile “Sugar” Shabangu (Eswatini); Sylvia “TheQueenArrow” Wahome van Kenia, 'n baanbrekende e-sportfiguur en peetma van die Tekken Africa Queens Challenge; Liteboho “EL” Thebe (Lesotho); Safidy “Sentaku” Andrianisoa (Madagaskar); Matimbe Gweyneth “Gwyn Stacy” Edina (Malawi); Asante-Sana “ATMante-Sana” Maruwasa (Namibië), Zahraa “Iron-Fist” Khan (Suid-Afrika) en Bwalya “LiaRose” Nkumbula (Zambië).

Die wedstrydformaat sal 'n dubbele-uitskakelingsformaat volg, met regstreekse videodekking op Twitch en YouTube vir gehore wêreldwyd.

Die Mzansi E-sportkampioenskap handel oor meer as bloot mededinging. Dit bied 'n platform vir besprekings oor vroulike entrepreneurskap en bemagtiging in e-speletjies. Besigheidsvergaderings wat op 29 November plaasvind, sal professionele e-spelers in Afrika verbind, samewerking bevorder en geleenthede vir vroue in die sportkode skep.

By die unieke geleentheid kan verteenwoordigers van die Afrika-speletjie- en e-sporttoneel idees uitruil, met 'n fokus op die ontwikkeling van entrepreneurskap rondom 'n praktyk wat wêreldwyd in gewildheid toeneem.

Gaste sluit in e-sportorganisasies, spelers en ander kundige belanghebbendes. Die projek is 'n samewerking tussen die Franse Instituut van Suidelike Afrika, Sages en rAge Expo. Dit word moontlik gemaak danksy finansiering van die Franse ministerie van Europa en buitelandse sake.



Bou 'n toekoms vir Afrika-e-sport

Die 2024 Mzansi E-sportkampioenskap is deel van 'n groter strategie deur Sages om 'n robuuste e-sport-ekosisteem oraloor die vasteland te ontwikkel. Deur strategiese vennootskappe gaan Sages voort om Afrika-spelers te bemagtig en hul globale mededingendheid te verseker.

Désiré Koussawo, president van Sages Afrika, sê: “Ons is vasbeslote om 'n omgewing te skep waar Afrika-e-sporttalent sal floreer en op wêreldvlak kan meeding. Deur strategiese vennootskappe soos die een wat met die Institut Français gestig is, verseker ons dat Afrika 'n noodsaaklike speler in die globale e-sport-ekosisteem word.”

David Martinon, Frankryk se ambassadeur in Suid-Afrika, Lesotho en Malawi, het gesê: “E-sport het geweldige potensiaal in Afrika en bied 'n dinamiese platform om die streek se kreatiwiteit en digitale innovasie ten toon te stel.

“Namate die bedryf aanhou groei, bied dit ook 'n belangrike geleentheid om vrouespelers te bemagtig, wat 'n meer inklusiewe en verteenwoordigende toekoms in e-sport skep.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!