Beatrice stel visier op groot taak in Nanjing
Atletiek
Wêreldatletiek erken voortaan geen uitslae in Windhoek se Onafhanklikheidstadion, of enige ander venue met fasiliteite ouer as 15 jaar nie.
Namibië se 2021 Olimpiese finalis, Beatrice Masilingi, sal aanstaande maand vir die eerste keer in haar loopbaan by 'n Binnenshuise Atletiekwêreldkampioenskap in aksie wees.
Die 21-jarige Beatrice sal op 22 Maart in Nanjing, China, saam met 55 vrouenaellopers by die Olimpiese Jeugsportpark in die uitdunrondes vir die 60 meter aantree. ‘n Deel van die uitdaging is dat die uitdunrondes, semifinale en eindwedloop op dieselfde dag gehardloop word.
Beatrice is een van die vroue wat nie die vereiste kwalifiserende 60 m-standaard van 7.15 sekondes kon behaal nie. Haar vinnigste tyd in haar kort binnenshuise loopbaan wat vandeesmaand op 1 Februarie in Gent, België, afgeskop het, is 7.35 sekondes. Dit is ‘n Namibiese rekord wat sy by die IFAM Gent Indoor Topsporthal Vlaanderen-byeenkoms aangeteken het.
Ongeveer 64 persent van al die deelnemers in Nanjing het nie die kwalifiserende standaard van 7.15 vir die Binnenshuise Wêreldkampioenskap gehaal nie. Hulle word deur Wêreldatletiek as naasbeste mededingers op die toplys genooi.
Tot sover in 2025 het 24 vroue tye van 7.15 sekondes of vinniger gehardloop. Dus sal die kompetisie in Nanjing uiters straf wees. Jacious Sears van die VSA is die vinnigste met 7.02, terwyl vyf vroue 7.15 aangeteken het.
Die Afrikane wat met erkende tye gekwalifiseer het, is die twee Nigeriërs Tima Godbless met 7.08 en Success Umukoro in 7.13, asook Destiny Smith-Barnett (Liberië) met 7.14. Die drie blitse is onderskeidelik vyfde, negende en 15de op die toplys sover vanjaar.
Nigerië spog met minstens nog agt sneltreine oor 60 meter. Hier is van die kontinent se voorste spoedvrate.
Maimuna Jallow van Gambië (215de, 7.35) se prestasie ewenaar Masilingi se beste. Mercy Idoreyin Umoibang (198ste, 7.34) en Faith Okwose (198ste, 7.34) is beide van Nigerië. Nog twee Nigeriërs is Blessing Ogundiran (181ste, 7.33) en Justina Tiana Eyakpobeyan (152ste, 7.31).
Pierrick-Linda Mulin van Gaboen (7.31), Anita Afrifa van Ghana (7.30). Moforehan Abinusawa (7.30), Magdaline George (7.27), Favour Ofili (7.25) en Joy Chinenye Udo-Gabriel (7.24) van Nigerië is onderskeidelik 152ste, 130ste, 104de, 90ste en 77ste. Thelma Davies van Liberië (70ste, 7.23). Maboundou Koné van die Ivoorkus is 61ste met 7.22.
Die sewe Afrikane wat in Ninjang gaan wees, is Tima Godbless, Success Umukoro, Destiny Smith-Barnett, Maboundou Koné, Thelma Davies, Anita Afrifa en Beatrice Masilingi.
Die Binnenshuise Wêreldkampioenskap vind van 21 tot 23 Maart plaas.
Wêreldatletiek se nuwe regulasie
Wêreldatletiek (WA) het pas ook ‘n kat in ‘n duiwehok losgelaat. Dié beheerliggaam sê hy sal voortaan nie meer atletiekbane wat 15 jaar of ouer is vir kompetisies akkrediteer nie.
Dus het Namibië geen atletiekbaan waar erkende tye gehardloop kan word nie. Ou bane veroorsaak ook geweldig baie beserings, sê WA.
WA sê geen tye wat op ‘n ou baan behaal is, sal herken word nie en die uitslag van sulke byeenkomste sal ook nie op hul webwerf aangedui word nie. Atletiek Namibië het wel vir uitstel gevra, maar geen antwoord is tot dusver van WA ontvang nie.
Indien enige Namibiese atleet dus vir ‘n internasionale byeekoms wil kwalifiseer, sal hy of sy dit iewers in die buiteland moet gaan doen.
Al word die baan by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek oorgedoen, is die venue steeds nie die eksklusiewe tuiste van atletiek in die land nie. Die stadion word vir ook musiekfeeste, staatsfunksies asook sokker aangewend. Die nuwe baanoppervlak sal dus van nuuts af deur voertuie, sokkerstewels en dergelike verkeer beskadig word.
Die Onafhanklikheidstadion in Windhoek is juis tans weer vir enige sport gesluit en atlete het geen plek om te oefen nie. Met die Wêreldkampioenskap slegs 25 dae weg, affekteer dié verwikkeling ook vir Beatrice wat op gras by die Hage Geingob-stadion moet oefen. Sy kan byvoorbeeld nie haar wegspring oefen nie, wat van kardinale belang vir sukses in die kort 60 meter is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie