Bernard beloon vir sy teistering van kolwers
Krieket
Die ICC het sy ODI-wêreldranglyste Maandag op datum gebring.
Die Richelieu Eagles het onlangs die eerste driehoekige mini-toernooi van die ICC Wêreldbeker Liga Twee-reeks (2024-2027) teen Nederland en Nepal met drie seges uit vier internasionale eendagwedstryde (ODI’s) in Kirtipur, Nepal, gewen.
Dit het aan Namibië ses ligapunte besorg, met hul huidige netto lopietempo 0.259.
Ongelukkig bly Nederland in die elfde posisie op die ICC se spanranglys in eendagkrieket, met Nepal 15de, gevolg deur Namibië (16de).
Op individuele vlak Namibië se linkshandige draaibouler, Bernard Scholtz, het die rook uit die kolfblaaie in Nepal geboul en sy posisie op die ICC-boulranglys met sewe plekke verbeter. Hy is nou in die elfde plek en die hoogs gerekende bouler nóg uit enige land met ICC assosiaatstatus.
Ruben Trumpelmann is 44ste, Gerhard Erasmus 92ste en Tangeni Lungameni 96ste. Erasmus het die meeste paaltjjies in die driehoekige reeks geneem (12 in vier wedstryde) voor hy ’n tussenribbesering opgedoen het.
Op die ODI-ranglys vir kolwers is Gerhard Erasmus (30ste) die tweede hoogste geplaaste assosiaatkolwer ná Nederland se kaptein Scott Edwards. Michael van Lingen (82ste) en Nicol Loftie-Eaton (92ste) het ook opgang gemaak.
VEELSYDIGE SPELERS
In dié afdeling het vier Eagles daadwerklik hul merk gemaak deur met die bal én die kolf te presteer.
Gerhard Erasmus wat 14de gereken was, is nou sesde. Bernard Scholtz (43ste na 32ste), Ruben Trumpelmann (53ste na 49ste) en Jan Frylinck (97ste na 90ste) het ook geklim.
Omrede JJ Smit (56ste na 64ste) deesdae vanweë ’n geskiedenis van knieprobleme nie meer boul nie, het hy uiteraard op dié ranglys teruggesak.
KANADA NIE ’N KLEINTJIE
Die tweede mini-toernooi van die CWCL 2-reeks is tans in Dubai tussen die Emirate, Kanada en Skotland is aan die gang.
Die mini-reeks maak Saterdag klaar wanneer Kanada sy laaste ODI (van twee) teen Skotland speel. Kanada is die groentjie in die kompetisie wat uit ’n laer liga bevorder is, maar het die gasheerspan twee keer geklop en vir Skotland reeds een keer.
Indien Kanada dus weer die Skotte kan klop, het hulle al vier hul botsings in Dubai gewen. Die Eagles se onlangse geskiedenis teen die Emirate en Skotland wys dat dit geen geringe prestasie is nie.
’n Reekssege vir Kanada in Dubai kan vir aansienlike veranderinge op die ICC se ODI-ranglyste sorg. Die Kanadese spog tans met ses ligapunte en ’n indrukwekkende netto lopietempo van 0.512 wat beter as Namibië (0.259) s’n is. Hulle het Namibië dus na die tweede plek laat afskuif met Nederland derde, Skotland vierde, Nepal vyfde met die Emirate sesde wat tans segeloos is.
Oman en die VSA, wat ook in die vierjaarkompetisie van agt lande meeding, sal in die derde en vierde toernooie van die CWCL2 speel.
Die Namibiërs se volgende toer is in Meimaand na Skotland, waar Oman die derde mededinger sal wees.
Só presteer Nederland en Nepal se spelers op die nuutste ICC-ranglys vir eendagkrieket:
NEDERLAND
Kolwers: Scott Edwards (24ste na 26ste), Max O'Dowd (66ste na 62ste), Vikramjit Singh (van onder 100 na 96ste), Bas de Leede (96ste na 98ste).
Boulers: Aryan Dutt (47ste na 36ste), Logan van Beek (53ste na 58ste), Fred Klaassen (81ste na 86ste), Bas de Leede (94ste na 89ste), Paul van Meekeren (90ste na 92ste). Vivian Kingma (99ste) het ook vir die eerste keer die top-100 gehaal.
Veelsydige spelers: Bas de Leede (29ste na 26ste), Logan van Beek (42ste na 46ste).
NEPAL
Kolwers: Aasif Sheikh (77ste na 73ste), Kushal Bhurtel (92ste na 77ste), Rohit Paudel (79ste na 95ste).
Boulers: Lalit Rajbanshi (bly 54ste), Dipendra Singh Airee (72ste na 63ste), Sompal Kami (76ste na 80ste), KC Karan (98ste tot buite die top-100).
Veelsydige spelers: Dipendra Singh Airee (48ste na 46ste), Kushal Malla (56ste na 51ste), Sompal Kami (48ste na 55ste).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie