Brassell toer met Eagles na Nepal

Krieket
Namibië begin sy aanslag op die hoogs kompeterende reeks waarin agt ontluikende krieketlande vir die volgende vier jaar meeding.
Tielman Van Lill
Namibië se nasionale senior manskrieketspan, die Richelieu Eagles, het gister na Kirtipur in Nepal vertrek vir ’n driehoekige reeks van vier internasionale eendagwedstryde (ODI’s) van 15 tot 23 Februarie teen die gasheerspan en Nederland by die Tribhuvan University International Cricket Ground.

Ná die ODI-wedstryde volg vier internasionale T20-wedstryde vanaf 27 Februarie tot 3 Maart teen dieselfde twee lande. Die T20I-reeks se eindstryd is vir 5 Maart geskeduleer.

Die belowende 18-jarige regterarm naatbouler Jack Brassell, wat by die pas afgelope ICC o.19 Wêreldbeker uitgeblink het (6 paaltjies in vier wedstryde, 3.04 per boulbeurt) is een van die verrassende insluitings. Brassell se beste boulvertoning was 2/28 teen Australië.

Lo-han Louwrens, aanvangskolwer van Wanderers, was ook vir die toer bestem totdat hy weens ’n besering moes onttrek.

Hoewel Krieket Namibië die toergroep eers vandag amptelik aankondig, het die koerant verneem dat Niko Davin (Wanderers) slegs in die ODI-reeks betrokke sal wees en daarna huiswaarts keer, wat meebring dat Malan Kruger (WHS Old Boys) nou vir die volle toer sal aanbly.

Agt lande naamlik Kanada, Namibië, Nepal, Nederland, Oman, Skotland, die Emirate en die VSA sal oor die volgende drie jaar sake in die Internasionale Krieketraad (ICC) se Wêreldbeker Liga 2-reeks uitspook.

Skotland was die reekswenner vir 2019-2023 met 50 ligapunte, met Namibië vierde (39). Die Namibiese kaptein Gerhard Erasmus was die reeks se algehele voorste lopiemaker met 1 298 in 33 kolfbeurte (gemiddeld 43.2, kolftempo 77.91).

Namibië se toergroep: Gerhard Erasmus (kaptein), Niko Davin, Michael van Lingen, Jan Frylinck, JJ Smit (onderkaptein), Zane Green (paaltjiewagter), Nicol Loftie-Eaton, Ruben Trumpelmann, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni, Shaun Fouché, Ben Shikongo, Jack Brassell, JP Kotzé (paaltjiewagter), Malan Kruger. Nie-reisende reserwe: Handre Klazinga.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!