Brons in die Kaap vir Vera

Padfietsry
Oor die jare was die Kaapstad-fietstoer een van die ontwykende doelwitte wat Namibië se Vera Looser die graagste wou wen, nadat sy tevore reeds vyfde, vierde, derde en tweede posisies behaal het.

In gister se weergawe was Looser opnuut in die voorste groepie van vier jaers wat in die naelrit eindstreep toe betrokke was, voordat sy die bronsmedalje ingepalm het.

Die Suid-Afrikaners Tiffany Keep (goud) en S’anarra Grové (silwer) het haar net-net geklop aan die einde van die resies van 78 kilometer. Looser se Namibiese landgenoot Melissa Hinz was negende.

In die mansresies het Kent Main van Suid-Afrika op die boonste trap van die podium gestaan ná die resies van 109 km, waarin Namibië se Alex Miller sewende klaargemaak het.

Charlie Aldridge van Brittanje en Alan Hatherly van Suid-Afrika het die silwer en brons beklink.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!