Comrades se skoot klap Sondag
Padwedlope
Die 97ste Comrades-marathon sal komende Sondag vir die 49ste keer ‘n opwedloop wees.
Die ikoniese ultra-marathon begin by die Durbanse stadsaal en eindig by die Scottsville-renbaan in Pietermaritzburg.
Die wedren word om 05:30 afgesit en 12 ure later is die spertyd om die eindstreep as 'n erkende voltooier te haal.
Vanjaar sal 'n afstand van 85,91 kilometer afgelê word.
Net soos die vorige jare sal elke sekonde van die wedren regstreeks op SuperSport uitgesaai word, met drie kanale vir aanhangers om te geniet.
Deelnemers van verskeie hardloopklubs in Namibië neem ook altyd ywerig aan die ikoniese uitdaging deel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie