Dinamiese bestuurspan vir Stoeifederasie

Amateurstoei
Tielman Van Lill
Nadat die nasionale amateurstoeikampioenskap die afgelope Saterdag in beide vrystyl en Grieks-Romeinse styl afgehandel is, het die Namibiese Stoeifederasie (NWF) sy algemene jaarvergadering gehou en sy nuwe bestuurskomitee aangewys.

Colin Steytler is as president van die federasie herkies. Die NWF was verheug om Andrew Masongo van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee as waarnemer teenwoordig te hê.

Belangrike besluite is tydens die vergadering goedgekeur, waarna die beheerliggaam sy voorste atlete van die jaar asook by die nasionale kampioenskap vereer het.

Die NWF het ‘n ontwikkelingspan van twaalf stoeiers aangekondig wat geslyp sal word om die land by die 2026 Olimpiese Jeugspele in Dakar, Senegal, te verteenwoordig.

Die volgende 16 toekennings is uitgedeel:

Joel Tangi Iipinge (beste tegniese stoeier van die dag).

Teo Seveleni (beste stoeibeweging van die dag).

Anke Erasmus (NWF se administrateur van die jaar).

Alvarro Eixab (skeidsregter van die jaar).

Granville Swartz van After School Centre (beste skoolgaande seunstoeier van die jaar).

Paulus Alweendo (beste kadet manlike stoeier van die jaar).

Virinao Cliff Nguatjiti (beste junior mans stoeier van die jaar).

Romio Goliath van After School Centre (beste senior mans stoeier van die jaar).

Laura Theron van Windhoek-klub (beste skoolgaande meisiestoeier van die jaar).

Rosalia Haimbodi van After School Centre (beste junior vrouestoeier van die jaar).

Ester Abraham van After School Centre (beste senior vrouestoeier van die jaar).

Friedrich Simon van Roots Gimnasium-klub (beste vordering, mans).

Candice Sambi van After School Centre (beste vordering, vroue).

Virinao Cliff Nguatjiti van After School Centre (topstoeier van die jaar).

Luis Forcelledo Paz (afrigter van die jaar).

After School-stoeiklub (klub van die jaar).

Die ontwikkelingspan met die oog op Dakar 2026 is Norbel Shimwooshili, Lisias Shipopyeni, Petrus Haimbodi, Rosalia Haimbodi, Christian Stassen, Dian Delport, Dwayne Tuoro, Henrico du Rand, Dawid du Toit, Hermanus Hanse, Zasha Steenkamp en Givanno Beukes.

Die nuwe bestuurskomitee is Colin Steytler (president), Gabriel Gurirab (visepresident), Anke Erasmus (sekretaris-generaal), Linda Amadhila (adjunk-sekretaris-generaal), Erik Theron (tesourier), Erika Theron (tegniese adviseur) en Maggie Forcelledo (bemarkingsdirekteur).

Hoewel Keetmanshoop nie die nasionale kampioenskap kon bywoon nie, was die kompetisie nogtans met 102 stoeiers van vyf klubs goed bygewoon. Hulle het in 231 afdelings ingeskryf en was by 247 wedstryde in aksie.

Windhoek-stoeiklub het 36 atlete ingeskryf, After School-stoeiklub (35), Roots Gymnasium-stoeiklub (17), Swakopmund Atlantic-stoeivereniging (9) en Judah-stoeiklub (5).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!