Divan puik op peil vir 2024

Atletiek
Tielman Van Lill
Divan du Plooy is besig om die Namibiese vlag grasieus in die vreemde te laat wapper.

Du Plooy, wat tans in die VSA bemarking by die South Planes College in Texas studeer, het Saterdagaand in Gainesville, Florida, twee middelafstandrekords laat spat.

By die VSA se nasionale binnenshuise kampioenskapbyeenkoms van die Nasionale Junior Kollege-atletiekvereniging het hy eerste Luketz Swartbooi se 29-jaaroue 3 000-meterkortbaanrekord herskryf.

Swartbooi het op 10 Februarie 1995 by Pocatello in die VSA sy Namibiese rekord in 8:24.59 sekondes behaal.

Die 22-jarige Du Plooy het die nasionale rekord Saterdag tot 8:11.49 laat krimp.

Dit was ook ’n merkwaardige verbetering op Du Plooy se vorige beste tyd van 8:26.10 wat in Januarie 2024 opgestel was.

Du Plooy het in Januarie en Februarie 2024 in binnenshuise mylwedlope tye van onderskeidelik 4:14.29 en 4:08.72 behaal. Sy 4:08.43 Saterdag is ’n knertsie vinniger as sy eie rekord.

Hy het ook van sy kollege ’n uiters gesogte All-America-toekenning vir sy prestasies ontvang.

Du Plooy was tot onlangs vernaam as ’n driekampatleet bekend – ’n sportkode waarin hy ook die nasionale kampioen was en Namibië by die 2022 Statebondspele in Birmingham verteenwoordig het met ’n 25ste posisie uit 44 voltooiers. Die afgelope tyd konsentreer hy egter uitsluitlik op baanatletiek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!