Drikus aan die voorpunt in The Munga

Fietsry
Tielman Van Lill
Ná die eerste 24 uur in die fietssaal het Drikus Coetzee gistermiddag teen twaalfuur reeds 553 kilometer van die 1 132 kilometer vanaf Bloemfontein na die Doolhof-wynlandgoed naby Wellington in die Wes-Kaap afgelê.

Drikus “Die Masjien” het Woensdagmiddag 12:00 saam met ses Namibiërs vir The Munga-ultrabergfietsmaraton oor 1 132 kilometer vanaf Bloemfontein in die Vrystaat weggespring. Die sestal is Nabil Robiati, Pierre Lambert, Francois Smit, David Weber, André Snyman en Leonard Martin.

Coetzee is sedert laas jaar The Munga se tydrekordhouer in ‘n verstommende 47 uur 37 minute en is beslis die nommer een aanspraakmaker, soos sy resiesnommer ook aandui.

Gistermiddag twaalf-uur was hy die voorloper waar hy reeds verby Loxton iewers in die Karoo, Noord-Kaap, op die R381-grondpad getrap het.

Drikus het toe reeds net meer as 2 000 meter vertikaal geklim met ‘n sterk wind van voor wat die ryers geteister het.

Marco Martins (RSA) was die naaste ryer aan hom met 530 kilometer agter die rug en Franso Steyn (RSA) derde met 528 kilometer.

Coetzee het gedurende die eerste 533 kilometer vir 47 minute nie gery nie. Dus is sy gemiddelde spoed vir die 553 kilometer wat hy reeds gery het, ‘n verstommende 23.8 kilometer per uur.

Die beraamde tyd vir sy aankoms by die Doolhof-wynlangoed naby Wellington is vanmiddag omstreeks tweeuur.

Drikus het voor die resies gesê: “Ek is soos almal hier opgewonde om terug te wees en hier heers ‘n lekker gees. Ek is terug om my titel te verdedig en dink nie eens aan die rekordtyd nie. Hier is geharde mededingers en ek het die grootste respek vir hulle.

“Weens my rekord verlede jaar, sien almal my as die gunsteling om te wen. Ek is nie die gunsteling nie; dit is ‘n lang pad en enige iets kan met my gebeur. (Hierdie resies) is ‘n nuwe blaadjie en die storie moet nog geskryf word. Enige van die ryers kan vanjaar geskiedenis maak. Ek is reg vir die uitdaging en gaan dit soos altyd geniet.”

Teen druktyd gister het Coetzee reeds meer as 650 km agter die blad gehad, met Pierre Lambert die naaste Namibiese ryer met 502 km, gevolg deur Francois Smit, David Weber en Nabil Robiati (saam op 410 km), Leonard Martin (380 km) en André Snyman (376 km).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 36° Rundu: 20° | 38° Eenhana: 22° | 40° Oshakati: 24° | 38° Ruacana: 21° | 38° Tsumeb: 23° | 38° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 22° | 38° Windhoek: 20° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 15° | 18° Walvis Bay: 15° | 22° Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 19° | 37° Aranos: 20° | 36° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 18° | 33° Lubumbashi: 17° | 27° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 19° | 22° Maputo: 20° | 32° Windhoek: 20° | 34° Cape Town: 17° | 22° Durban: 15° | 23° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 27° | 31° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!