Eerste wenpunte vir Surén en Greeff

Bergfietsry
Roger Surén was vooraan die jeugdige drietal wenners van laas Saterdag se Little Las Vegas MTB, die eerste byeenkoms in die Hollard Gravel & Dirt bergfietsreeks.

Surén het die roete van 64 kilometer (twee rondtes van 32 km) oos van Windhoek in twee ure 03 minute 39 sekondes voltooi, vir ‘n voorsprong van 22 sekondes voor Marco Thiel. Beide van hulle is nog junior ryers (onder-18).

Die derde geplaaste Justus Beulker (o.23) was nog sowat ses sekondes later, met sy voorwiel net-net voor Brandon Plaatjes (vierde) wat dieselfde tyd opgestel het. Theuns van der Westhuizen was vyfde en Drikus Coetzee sesde.

Anri Greeff het soos verwag die vrouewedren oor 64 km ingepalm, gemaklik voor die junior ryer Rosemarie Thiel en die veteraan Melissa Hinz. Louise Breed en Hester Prins was vierde en vyfde.

Bykans 200 ryers het deelgeneem aan die eerste van die ses byeenkomste in die reeks. Die volgende een is die Friedenau Gravel Challenge op 10 Mei naby die Matchlessmyn.

Volledige uitslae hier: https://q.my.na/Y6Z7/

Kommentaar

Republikein 2025-03-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer