Enduro-reeks kry lyf met 48 ryers
Enduro
Vier ryers het tydens die eerste twee rondtes met volpunte (20) in hul klas weggestap.
Die tweede rondte van die Namibiese nasionale endurokampioenskap is laas Saterdag op 'n sopnat roete by Itumba suid van die hoofstad afgehandel.
Die ses verskillende kategorieë het 35 inskrywings gelok met Klas 7 (intermediêr) wat die meeste inskrywings ontvang het. Net 23 deelnemers kon die ruwe terrein sonder teenspoed voltooi en 12 moes weens meganiese probleme tou opgooi.
Die volgende ryers het hul klasse gewen: Quinton van Rooyen, Sean Kemp, André Barnard, Sean-Collin Gräber, Llewellyn van der Westhuizen en Shannon Gräber.
Van Rooyen, Kemp, Barnard en Van der Westhuizen het tydens die eerste ronde by Bergquell asook Itumba met volpunte (20) weggestap. Die vier musketiers is tans ná twee byeenkomste die voorlopers met 40 punte in hul onderskeie afdelings.
Zoë Waldschmidt, wat soos die afgelope jare in Klas 10 teen ses mans gekompeteer het, het opnuut haar staal getoon en tweede geëindig. Dit was haar eerste kompetisie vir 2025 nadat sy weens internasionale motocross-verpligtinge nie by Bergquell in aksie kon wees nie.
Die volledige uitslae soos ontvang:
Klas 2 (ope): 1 Quinton van Rooyen (2 ure 34 minute 57 sekondes), 2 Stuart Pearce (2:40:53), 3 Corné Visser (2:45:47), 4 Jorn Greiter (2:58:29), 5 Heiko Stranghöner (3:00:21), 6 Gunther Gladis (3:04:44), 7 Nickle Visser (3:11:39).
Klas 5 (senior pro-klas): 1 Sean Kemp (1:52:10), 2 Kai Hennes (2:04:34), 3 Ronald Geiger (2:19:11), 4 Gernot Bahr (2:19:45).
Klas 7 (intermediêr): 1 André Barnard (2:38:04), 2 Dean Schlechter (2:43:35), 3 Kilian Ham (2:51:35), 4 Holger Barth (3:33:07), 5 Antonio Monteiro (4:11:42).
Klas 10 (groentjies): 1 Sean-Collin Gräber (1:20:54), 2 Zoë Waldschmidt (1:27:26), 3 Tristaan Prinsloo (1:33:30), 4 Vincent Griebel (1:36:25), 5 Stefan Tietz (1:37:00), 6 Hilmar Griebel (1:37:01), 7 Carsten Roland (1:58:02).
Klas 11 (beginners): 1 Llewelyn van der Westhuizen (1:37:34), 2 Johannes van der Westhuizen (1:52:32), 3 Jean van der Westhuizen (1:52:39).
Klas 12 (vroue): 1 Shannon Gräber (55 minute 11 sekondes), 2 Maike Bochert (1:02:04).
Die kampioenskap se puntestand ná twee rondes
Klas 2 (ope): 1 Quinton van Rooyen (40 punte), 2 Corné Visser (32), 3 Jorn Greiter (28), 4 Nickle Visser (22), 5 Stuart Pearce (17), 6 Heiko Stranghöner (11), 7 Gunther Gladis (10), 8 Jean Venter (0).
Klas 5 (senior pro): 1 Sean Kemp (40), 2 Frederick van Greunen (22), 3 Rian Kritzinger (17), 4 Kai Hennes (17), 5 Ruan de Lange (15), 6 Ronald Geiger (15), 7 Handré Myburgh (13), 8 Gernot Bahr (13).
Klas 7 (intermediêr): 1 André Barnard (40), 2 Kilian Ham (32), 3 Antonio Monteiro (24), 4 Dean Schlechter (17), 5 Vincent Clack (15), 6 Holger Barth (13), 7 Rodney Dodkins (11), Ernst Swarts, Pieter Mostert, Petrus Brink, Wynand Botes, Martin Quinger, Jens Rubow, Stephanus du Plessis, Levin Quinger, Oliver Rohrmueller en Jean Venter (almal nul).
Klas 10 (groentjies): 1 Sean-Collin Gräber (35), 2 Hilmar Griebel (30), 3 Vincent Griebel (30), 4 Tristiaan Prinsloo (28), 5 Zoë Waldschmidt (17), 6 Oliver Rorhmueller (11), 7 Stefan Tietz (11), 8 Rolf Rohrmueller (10), 9 Carsten Roland (9), 10 Harry Kibble (0).
Klas 11 (beginners): 1 Llewelyn van der Westhuizen (40), 2 Johannes van der Westhuizen (34), 3 Jean van der Westhuizen (30).
Klas 12 (vroue): 1 Maike Bochert (37), 2 1 Shannon Gräber (20).
Die volgende byeenkoms is op 17 Maart by Yellowstone.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie