Ethiopië se langasems spel gevaar
Atletiek
Ethiopië het 15 vroue en 15 mans vir sy span na die 2024 Olimpiese Spele in Parys gekies.
Dié Oos-Afrka-land sal opnuut soos tevore met beide vroue en mans ‘n stewige voetspoor in die 800 meter, 1 500 m, 3 000-hindernis, 5 000 m, 10 000 m, marathon en 20 kilometer-renstap hê.
In die afstande vanaf die 800 tot marathon sal drie Ethiopiese mans (behalwe in die 800) en drie vroue in elke item wegspring. By die 3 000-hindernis vir vroue is net twee atlete gekies, terwyl drie mans in die nommer sal aantree.
Vreemd genoeg het Ethiopië geen mansatleet in die 800 nie.
Gudaf Tsegay gaan ‘n rowwe Spele ondervind. Sy sal in die 1 500, 5 000 en 10 000 kompeteer, terwyl Yomif Kejelcha die 5 000 en 10 000 gaan aandurf.
Tsegay, die 2020 Olimpiese 5 000-bronsmedaljewenner en wêreldkampioen in die 5 000 (2022) en 10 000 (2023), sal saam met Diribe Welteji die 1 500 hardloop. Tsegay is ook die houer van die 5 000-wêreldrekord (14:00.21).
Welteji het in 2023 silwer in die 1 500 by die wêreldkampioenskap opgraap.
Selemon Barega sal sy Olimpiese 10 000-titel in Parys verdedig. Lamecha Girma, die wêreldrekordhouer in die 3 000-hindernis, het silwer in Tokio gewen en sal vir goud in Frankryk mik.
Tigist Assefa, wêreldrekordhouer in die marathon, sal deur Amane Beriso en Megertu Alemu tydens haar aanslag op goud oor 4.2 km ondersteun word.
Die Ethiopiese span (Vroue)
800: Habitam Alemu, Tsige Duguma, Worknesh Mesele.
1 500: Birke Haylom, Gudaf Tsegay, Diribe Welteji.
5 000: Medina Eisa, Ejgayehu Taye, Gudaf Tsegay.
10 000: Tsigie Gebreselama, Fotyen Tesfay, Gudaf Tsegay.
Marathon: Megertu Alemu, Tigist Assefa, Amane Beriso.
3 000-hindernis: Sembo Almayew, Lomi Muleta
Die Ethiopiese span (Mans)
1 500: Abdisa Fayisa, Ermias Girma, Samuel Tefera.
5 000: Hagos Gebrhiwet, Yomif Kejelcha, Addisu Yihune.
10 000: Berihu Aregawi, Selemon Barega, Yomif Kejelcha.
Marathon: Kenenisa Bekele, Deresa Geleta, Sisay Lemma.
3 000-hindernis: Lamecha Girma, Samuel Firewu, Getnet Wale.
20 km-renstap: Misgana Wakuma.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie