Etzebeth lei Bokke teen All Blacks

Rugby
Die Springbokslot Eben Etzebeth sal nie net Saterdag in sy eerste rugbywedstryd in meer as drie maande speel nie, hy is boonop met die taak opgesaal om Suid-Afrika Saterdag in Auckland teen die All Blacks op die veld te lei.

Etzebeth het op 1 April in ’n Europese Kampioenebeker-wedstryd teen Munster sy skouer beseer en was sedertdien buite aksie.

Hy is een van 14 spelers wat verlede week reeds Nieu-Seeland toe gestuur is sodat hulle langer tyd het om te akklimatiseer vir die Rugbykampioenskap-toets teen die Kiwi’s in die Mount Smart-stadion.

Jacques Nienaber, die Bokke se hoofafrigter, het nege van dié groep van 14 in sy beginspan ingesluit, terwyl Malcolm Marx as plaasvervanger-haker gekies is.

Die spelers in die beginspan vir die All Black-toets wat ook in die span was wat die Wallabies die afgelope naweek met 43-12 afgeransel het, is Willie le Roux (heelagter), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian Willemse (losskakel), Steven Kitshoff (loskopstut), Frans Malherbe (vaskopstut) en Bongi Mbonambi (haker).

Nog sewe spelers wat op Loftus in aksie was, sal Saterdag op die bank wees. Hulle is Vincent Koch (vaskopstut), RG Snyman (slot), Pieter-Steph du Toit (flank), Duane Vermeulen (agtsteman), Grant Williams (skrumskakel) en Manie Libbok (losskakel).

Williams en Libbok is die enigste agterspelers op die bank, maar is veelsydig genoeg om onderskeidelik ook vleuel of heelagter te speel, met Willemse wat op sy beurt ook heelagter of senter toe kan skuif indien beserings opduik.

• Die Springbokspan is:

Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Damian Willemse, Faf de Klerk, Jasper Wiese, Franco Mostert, Kwagga Smith, Lood de Jager, Eben Etzebeth (k), Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff.

Plaasvervangers: Malcolm Marx, Thomas du Toit, Vincent Koch, RG Snyman, Pieter-Steph du Toit, Duane Vermeulen, Grant Williams, Manie Libbok.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!