Gebrek aan belangstelling pootjie vakansieprogram
Rugby
Uitnodigings van die Namibië Rugbyunie (NRU) aan skoolgaande meisies om by Wêreldrugby se Get into Rugby-vakansieprogram (GIR) in te skakel, het nog nie die gewenste reaksie uitgelok nie.
Danray du Plessis van die NRU sê die inisiatief sal weer geloods word.
"Ons moes die beplande program kanselleer vanweë die lae getalle. Ons sal wel 'n massadeelname gedurende die tweede skoolsemester hê,” het Du Plessis bevestig.
Die bekendstelling was veronderstel om op 10 Junie by Western Suburbs-rugbyklub in Khomasdal plaas te vind. Die geleentheid is twee keer weens 'n gebrek aan belangstelling uitgestel. Die 24ste, 25ste en 27ste Junie is as die volgende datums vir die twee geskeduleerde opleidingsessies op die almanak afgemerk.
Du Plessis en die NRU-bedryfsbestuurder, William Steenkamp, het ondersteuning van Windhoekse skole gevra om skoliere aan te moedig om aan die program deel te neem. ‘n Brief is op 7 Junie aan skole in die hoofstad gestuur.
“Die inisiatief het ten doel om rugbyvaardighede onder skoolgaande meisies in 'n prettige en ontvanklike omgewing bekend te stel en te ontwikkel. Dis 'n uitstekende geleentheid vir vrouespelers om aan fisieke aktiwiteite deel te neem, nuwe vaardighede aan te leer en die kameraadskap en sportmangees wat rugby bied, te ervaar,” het Du Plessis gesê.
Wêreldrugby het die GIR-bekendstellingsprogram geloods om die sport in vennootskap met nasionale federasies te laat groei. Sleutelwaardes wat bevorder word, sluit in integriteit, respek, solidariteit, passie en dissipline wat as inspirasie vir miljoene mense dien om die sport te beoefen en te geniet.
“GIR word beskou as 'n groot steun vir Afrika-unies wat hulle in staat stel om progressief en volhoubaar te groei. Met meer as 44% van sy bevolking jonger as 15 jaar in 2006, is Afrika onbetwisbaar die jongste streek van die wêreld.
“Ses-en-dertig rugbyunies is geregistreer en het aktief aan die GIR-projek deelgeneem met 316 300 nuwe spelers wat sedert 1 Januarie 2018 regoor Afrika geregistreer was. Ses-en-veertig persent van hierdie spelers is meisies.
“Hierbenewens is 4 700 afrigters, onderwysers en skeidsregters in Afrika deur streek- en ontwikkelingsbeamptes sedert die begin van 2018 opgelei,” het Du Plessis beklemtoon.
Rugby Afrika reël jaarliks twee Get Into Rugby-konferensies (Noord en Suid) om die gehalte van die program te verbeter, ervarings te deel en uitdagings te identifiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie